Blade sê daar is nie geld vir gratis universiteite nie

Die minister van Hoër Onderwys Blade Nzimande, sê die regering kan eenvoudig nie bekostig om gratis universiteitsonerrig aan almal te voorsien nie, en alleen arm studente sal gehelp word.

Die regering moes ‘n standpunt oor die saak formuleer na twee weke van gewelddadige betogings deur studente landwyd wat eis dat fooie geskrap word.

Die betogings het op 19 Oktober begin by Wits Universiteit en uitgebrei na universiteite regoor die land, insluitend Stellenbosch, die Universiteit van Kaapstad en Walter Sisulu Universiteit.

Witsstudente het aanvanklik gevra vir ‘n 0 persent verhoging vir volgende jaar, maar betogers het daarna voortgegaan en gratis tersiêre onderwys regoor die land geëis.

Nzimande het gesê daar is net nie genoeg geld vir gratis hoër onderwys nie.

Hy het nie doekies omgedraai terwyl hy die parlement se portefeuljekomitee oor hoër onderwys toegespreek het nie.

“Die regering se beleid is gratis hoër onderwys vir die armes. Dit is nie vir almal nie … welgestelde studente moet betaal, want hulle het ‘n ekonomiese voordeel.”

Nzimande het gesê hulle sal voortaan strenger toesig hou oor terugbetalings van studente wat deur die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema voordeel kon trek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.