Chaos by Wits toe privaatsekuriteit toeslaan, media tjoepstil

Deel op

Chaos het Woensdagoggend uitgebreek by Wits met studente en privaat veiligheidswagte wat mekaar met klippe bestook het, die mans in swart pakke op amokmakers toegesak het en hulle gewurg het toe hulle klasse wou ontwrig.

Die mans in swart pakke is vermoedelik deur die raad ingestuur.

Die voortslepende chaos is nie in die media gerapporteer nie, waarskynlik om nie ‘n verleentheid vir die viserektor, Adam Habib, te skep nie.

‘n Boekwinkel en twee voertuie is ook aan die brand gesteek in die vroeë oggendure en toegangsbeheermeganismes by die draaihekke is afgeruk.

Die betogers het probeer om toegang tot die universiteit te versper. ‘n Fotograaf van The Star is aangerand in die proses.

Die betogers is teen die besluit van die universiteit om klasse te hervat omdat hulle griewe glo nog nie aangespreek is nie.

Die onluste by Wits het intussen in ‘n sirkus ontaard wat weinig met onderrig en opleiding te make het. Skoonmakers wat kla omdat kontrakteurs hulle te min betaal, is klaarblyklik nou die hoofbeswaar.

Die skoonmakers is nie werknemers van die universiteit nie.

Betogers het motoriste Woensdag afgedreig in Yaleweg, met ‘n paar wat op die enjinkap van ‘n ongelukkige grys Kia gespring het.

Toe die sowat 20 veiligheidswagte kort voor 08:00 probeer het om die hekke ontsper, het dit in geweld tussen hulle en die betogers ontaard. Ten minste een van die wagte is beseer.

Van die betogers het gekla dat die protes verdeel is: “Daar is dié wat die groter prentjie sien en die mense wat dit nie sien nie.” Klaarblyklik is die oproeriges wat wil aanhou deur die bank swart.

Betogende swart studente het egter geweier om kommentaar te lewer oor die motivering agter die blokkade, maar die afgelope twee dae, het dit duidelik geword dat sommige voel dat die protes moet voortgaan.

Die uitgaande SR-voorsitter, Shaeera Kalla het in reaksie op vandalisme Dinsdagaand getwiet: “Wat ook al jou standpunte rondom protes en geweld is; by Wits, sal jy nie iets wen deur geweld nie.”

In ‘n gesamentlike verklaring het die inkomende SR-voorsitter Nompendulo Mkhatshwa, gesê: “Ons neem kennis dat die universiteit in ‘n verklaring gesê het ‘n resolusie is bereik met die studenteraad. Dit is onwaar. Ons moet dit duidelik maak dat daar geen vergaderings of onderhandelinge tussen die bestuur en die SR was by enige punt nie.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.