Tanzaniese verkiesing: Zanzibar-stemmery nietig verklaar

Deel op

Verkiesings in Zanzibar is nietig verklaar omdat hulle nie vry en regverdig was nie, het die verkiesingshoof op die Tanzaniese eiland aangekondig.

Mededingers het hulself tot geweld gewend, het Jecha Salum Jecha gesê.

Die opposisie sê die stemmery op die eilandgroep is gekanselleer omdat hulle gewen het.

Die vernaamste uitdager in die nasionale presidensiële verkiesing, Edward Lowassa, het gesê die probleme in Zanzibar is verteenwoordigend van die hele land.

Vroeër, het hy die nasionale verkiesingskommissie gevra om die vrystelling van resultate te staak, en beweer dat die hele proses landwyd gekenmerk is deur bedrog.

Die verkiesings in Tanzanië is die mees bestrede in die land se geskiedenis, met vier opposisiepartye van die Ukawa-koalisie wat die regering se greep van 54 jaar uitgedaag het.

Vorige verkiesings het ook gewelddadig geraak op die semi-outonome Zanzibar, ‘n gewilde toeristebestemming.

Dit is nie duidelik of die verkiesing gekanselleer sal word nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.