Tanzanië wag in spanning op verkiesingsuitslag

Deel op

Tanzaniërs het pas vir ’n president, parlement en plaaslike owerhede gestem, maar Chadema, die opposisieparty beweer verkiesingsbedrog is in Sondag se verkiesings gepleeg.

Die regerende Chama Cha Mapinduzi-­party (CCM) staar ook vir die eerste keer, sedert ’n veelparty-demokrasie in 1995 in Tanzanië ingestel is, ’n geloofwaardige­ uitdaging in die gesig nadat nege ministers reeds hul parlementêre setels afgestaan het volgens die jongste berigte.

John Magufuli van die CCM word as ’n naelskraapse gunsteling beskou om die voormalige eerste minister, Edward Lowassa, ’n veteraan van die CCM wat onlangs na Chadema oorgestap het, te klop. Chadema lei ’n koalisie van opposisiepartye.

Ontleders waarsku egter dat ’n verkiesingstryd wat so kop aan kop is, grootskaalse spanning kan veroorsaak.

Stemmery het meestal vreedsaam verloop, maar ’n Chadema-woordvoerder­ sê die party is bekommerd oor ’n aantal “onderskeppings van volgestopte­ stembusse”.

Die beweringe kon nie onafhanklik bevestig word nie.

Verkiesingsbeamptes verwag die uitslae van die presidentsverkiesing binne drie dae, maar vroeë uitslae word verwag.

Politieke waarnemers meen die 55-jarige Magufuli, tans minister van werke, wat hom die bynaam “The Bulldozer” laat kry het, staar ’n stewige uitdaging van die 62-jarige Lowassa in die gesig.

Lowassa was van 2005 tot sy bedanking in 2008 eerste minister. Hy het bedank na aanleiding van bewerings van korrupsie wat hy ten sterkste ontken het. Hy was vir jare ’n CCM-lojalis, maar hy het kiesers nou gevra om die bewind van die party te beëindig.

Die uitgaande president, Jakaya Kikwete, wat nie weer verkiesbaar is nie omdat hy sy twee termyne uitgedien het wat deur die grondwet beperk word, het die polisie versoek om veiligheidsmaat­reëls te verskerp in die land met 52 miljoen inwoners waarvan 22 miljoen geregistreer het om te stem.

Kiesers het ook vir lede van die parlement en plaaslike owerhede gestem, maar die weermag het ure gelede in die gebou ingestorm waar die tellery gehou word om kennisgewing van die uitslae te verbied.

Verkiesings is in die semi-outonome Zanzibar, na aan die kus van Tanzanië, gehou, waar die eiland sy eie presidents verkies.

Duitsland het intussen gerugte ontken dat hulle hul steun aan die opposisie toegesê het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.