Turkye jag ISIS-sel

Deel op

Vier vermeende militante van die Islamitiese Staat-groep (ISIS) en twee Turkse polisiebeamptes is dood in ’n skietery in Diyarbakir, die belangrikste stad in die suid­ooste van die land met ’n Koerdiese meerderheid, het veiligheidsmagte gesê.

Die polisie het vroegoggend klopjag­te uitgevoer in ’n distrik waar jihadiste vermoedelik geskuil het, toe die militante op veiligheidsbeamptes losgebrand het.

’n Hewige skietgeveg het uitgebreek met die polisie wat vrees dat nog militante in die gebied kan voorkom. Die owerhede vermoed die groep is agter die dubbele selfmoordbomaanvalle op 10 Oktober in Ankara toe 102 mense in die land se ergste aanval dood is.

’n Massiewe soektog is die naweek deur polisie van stapel gestuur na ’n vermeende ISIS-sel, wat ’n Duitse vrou insluit, wat vermoedelik gehelp het om ander aanvalle uit te voer, het Turkse media berig.

Die polisie het die afgelope twee weke verskeie vermeende jihadiste aangekeer. Vier van hulle staan nou tereg vir die aanvalle op Ankara.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.