NWU ontruim kampus

Alle studente aan die Noordwes-Universiteit se Mafikeng-kampus moet die kampus teen aagtuur vanmore ontruim, na voortgesette plundery en geweld.

Oproepe van betogers wat die bedanking van die raad eis, is Dinsdag geopper.

Die universiteit se woordvoerder, Louis Jacobs, sê dit sluit alle koshuisinwoners in.

Die besluit is vanoggend deur die bestuur geneem nadat betogings, wat verlede week oor die land heen met #FeesMustFall opgevlam het, tot geweld en plundery gelei het.

Die kampus se hoofingang word sedert verlede week versper deur swart amokmakers wat steeds betoog. Toegang tot die kampus word deur betogers beheer.

Jacobs sê personeel moet nou met die komende eksamen Maandag toegang tot die kampus verkry om onder meer die omvang van die skade te bepaal wat deur studente aangerig is. Jacobs sê niemand sal op die kampus toegelaat word nie.

Hy sê die kampus se studentesentrum en ‘n boekwinkel is deur die betogers geplunder, terwyl meubels Dinsdag uit ‘n gebou op die kampus gesteel is.

Die Reform PUK-aktiviste het sy steun toegesê aan ‘n oproep dat die Noordwes Universiteit se bestuursraad ontbind word.

Die groep sê die hoofrede is die raad se teenstand teen transformasie omdat slegs 28% van swart studente op die Potchefstroom-kampus mag studeer.

Die organisasie kla oor die gebrek aan transformasie, die oneweredige verspreiding van hulpbronne en ongelyke infrastruktuur-ontwikkeling by die universiteit se drie kampusse.

Die kampusse het in 2004 saamgesmelt. Die beweging sê die raad het vir meer as ‘n dekade nie die probleme hanteer nie.

Intussen sal nege studente van die Welkom Sentrale Universiteit vir Tegnologie wat in hegtenis geneem vir openbare geweld en die oortreding van ‘n hofbevel, Woensdag in die Welkom-landdroshof verskyn.

‘n Vrystaatse polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng, sê sewe mans en twee vroue was onder die betogers wat tydens die veldtog #FeesMustFall klasse en administrasie ontwrig het Vrydag.

Thakeng sê skokgranate en traangas moes gebruik word om die groep rumoeriges uiteen te jaag.

Berigte van brandstigting op die kampus van die Universiteit van die Witwatersrand is ook ontvang. Verskeie brande is glo gedurende die nag gestig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Rooikop

    Hierdie is kriminele dade. Sluit die wat die dade gepleeg het toe SAAM met die aanhitsers.