‘Invloei van lae-IK immigrante gaan Duitsland vernietig’

Deel op

Professor Heiner Rindermann, voorsitter van Opvoedkundige en Ontwikkelingsielkunde by die Universiteit van Chemnitz, het in ‘n ontleding op Focus Online, ‘n gewilde Duitse webwerf, die belangrikheid van IK, kultuur en prestasie uitgespel.

Die artikel sê onomwonde dat massa-invloei van lae-IK immigrante gaan lei tot die vernietiging van Duitsland.

“Die standaard van onderwys van die meeste immigrante uit Wes-Asië en Afrika is laag, en hul vermoëns is beperk. Die gevolge hiervan gaan bitter wees,” sê prof Rindermann.

“Hierdie jaar, en in die afgelope maande is ‘n toenemende aantal immigrante uit Suid-Oos-Europa, die Midde-Ooste en Afrika, in Duitsland ingevoer,” het hy gesê, en bygevoeg dat die meerderheid van hierdie “immigrante” oor geen kwalifikasies beskik nie.

Selfs al sou hulle gehad het, wys hy daarop, is hulle nog steeds nutteloos.

Deur die bank het internasionale studies aangetoon dat die resultate wat verkry word by die instellings van hoër onderwys in hierdie lande, gemiddeld sowat 110 punte laer is as by soortgelyke instellings in Duitsland.

“Dit stem ooreen met ‘n bevoegdheidsertifikaatgaping van ongeveer drie jaar,” het hy gesê. “Die gaping is selfs groter in Afrika, waar dit ongeveer vier en ‘n half jaar is.

“Selfs in ‘n elite-groep, soos ingenieurswese-studente van die Arabiese lande, kan ‘n groot verskil gesien word: Hul vaardighede is 2-4 skooljare agter dié van vergelykbare Duitse ingenieurswese-studente.

“Hierdie patroon van [swak] resultate is verder bevestig in ‘n onlangse studie in Chemnitz wat kyk na asielsoekers met universiteitsvlakkwalifikasies. Hulle wiskunde en meetkunde toon ‘n gemiddelde IK van 93, wat op dieselfde vaardigheidsvlak as laerskoolleerlinge is,” sê prof Rindermann.

Dit is ‘n volle tien punte onder die gemiddelde Duitse moedertaalspreker wat nie universiteitstoelating kry nie, se IK.

Professor Rindermann sê een van die verskonings vir die lae IK-tellings, “taalprobleme”, is slegs ‘n sekondêre faktor.

“Die basiese vaardigheidswakhede is baie meer ernstig en gewigtig. Op skool, sal hierdie migrante gemiddeld ‘n swakker prestasie toon en selde enige hoë kwalifikasies bereik.”

Hy het daarop gewys dat ondertrouery onder Moslems en swartes die probleem vererger, met kinders wat gebore word uit sodanige huwelike dikwels met “ooreenstemmende gestremdhede” worstel.

Verder, sê hy: “Die werkloosheidsyfer sal hoër wees, hulle sal meer maatskaplike bystand benodig en onsuksesvol wees in die hantering van die tegnologiese en kulturele kompleksiteit van ‘n moderne land. Kognitiewe foute sal voorkom in die daaglikse lewe, soos in die verkeer of in professionele en finansiële besluite, met ernstige gevolge vir ander.”

Professor Rindermann het ook na die werklikheid van hoër misdadigheid onder die indringers verwys, en gesê dat daar “hoër voorvalle van geweld onder immigrantegesinne voorkom”. Hierdie misdade sluit seksuele aanranding in, soms in die vorm van spontane geweld oor ‘n hele gebied.

“Volgens amptelike verslae, is Moslems net 12 persent van die bevolking in Frankryk, maar is verantwoordelik vir meer as 60 persent van alle oortredings. In België, is Moslems agt keer meer verteenwoordig in die tronk as wat hul bevolkingsgetalle toelaat, en in Brittanje, is meer as een duisend Engelse meisies seksueel misbruik deur Pakistanse mans. In Berlyn, is immigrante drie keer meer as hulle getalle oorverteenwoordig in geweldsmisdade, en sewe keer in verkragtingsake. ”

Verder het professor Rindermann gesê, dit is verkeerd om diversiteit te assosieer met gelykheid. In plaas daarvan, toon al die navorsing dat “hoër diversiteit verband hou met ‘n groter inkomste-ongelykheid, maatskaplike onstabiliteit, skokkende hoër misdaad, en minder algehele vertroue.

“Vir baie, kan hierdie gevolgtrekkings verrassend of selfs ontstellend wees, maar dit is net omdat die politici, die media, en selfs ‘n paar wetenskaplikes die effek van migrasie-verwante gebeurtenisse verdraai,” sê Rindermann.

“Die vryheid en die daaglikse lewens van vroue sal beperk word. Dieselfde geld vir die Jode, homoseksuele, en spotprenttekenaars. Die professionele lewens van polisiebeamptes, geregtelike amptenare, personeel in dienskantore, brandweermanne, onderwysers, dokters en paramedici sal al hoe moeiliker en riskanter word,” het hy afgesluit.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.