Agent Max du Preez prys SA se ‘amper-rewolusie’

Deel op

Te midde van brandstigting en geweld het Max du Preez swart studentebetogers geprys vir die “belangrike mylpaal” wat hulle vir Suid-Afrika behaal het.

Du Preez, se opmerkings volg nadat president Jacob Zuma Vrydag aangekondig het daar sal geen klasgeld-verhogings in 2016 wees nie.

Du Preez, wat reeds gebrandmerk is as ‘n agent vir buitelandse belange met sy herhaaldelike onsinnige “ontledings”, het aan OFM-nuus gesê die oorwinning skep die moontlikheid van ‘n “nuwe era”.

Volgens hom was dit verblydend om te sien die swart jeug “redelik” is en “hoe sterk geartikuleerd” hulle oorgekom het.

Dit kom nadat studente etlike dae lank klasse en veral eksamens ontwrig het om op ‘n 0%-verhoging in klasgeld aan te dring.

Hy sê die feit dat swart studente saamgestaan het en hul stempel afgedruk het, is ‘n eerste sedert Suid-Afrika ‘n demokrasie geword het.

Betogers van verskeie tersiêre instellings oor die land heen, het met #FeesMustFall ‘n merkwaardige oorwinning behaal, sê Du Preez.

Hy het gesuggereer dat die Zoeloe-faksie in die ANC se hegemonie en “oordonderende houding” jeens Xhosagemeenskappe nou tot ‘n einde gekom het.

Intussen het dit duidelik geword dat geen Zoeloefiguur in die ANC, selfs nie eens die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, onder enige druk verkeer oor die opstand nie.

Volgens Du Preez toon dit dat die “swart middelklas” – ‘n eufemisme vir die Xhosa-faksie en hul buitelandse handlangers – erg ontevrede is oor die manier hoe die regering bestuur word.

Daarmee het hy uiteindelik toegegee dat die Xhosa-faksie wou munt slaan uit die betoging en dit aangemoedig het om ‘n verleentheid vir die Zoeloes te skep.

Die veldtog het gegaan oor hoe die regering mense behandel, sy arrogansie en korrupsie, het Du Preez erken. “Dit was amper ‘n revolusie.”

Volgens hom het die regering geen ander keuse gehad as om aan studente hul sin te gee nie. Hy is oortuig daarvan dat regeringsgeld maklik van minder noodsaaklike besteding sal vloei na universiteite.

Zuma het ook aangekondig dat met die goedkeuring van rektore, die eksamens vir ‘n week uitgestel sal word weens die tyd wat met die betogings verlore gegaan het.

‘n Tussendepartementele taakspan sal intussen ander “uitdagings” in die tersiêre sektor ondersoek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.