Vermiste DA-adjunk steeds soek in Nepal

Deel op

‘n Grondsoektog na die adjunkleier van die DA in Noordwes, Petro Nel, wat saam met ‘n Russiese vlieënier meer as twee weke gelede in Nepal in ‘n mikroligte vliegtuig vermis geraak het, duur voort.

Die DA se provinsiale voorsitter, Carin Visser, sê die Russiese weermag het intussen by die soektog aangesluit.

Nel, wat van Klerksdorp is, en Valeri Puten het op 8 Oktober van Pokhara op ‘n besigtigingsvlug in die Annapurna-berge in die Himalajas vertrek en nooit teruggekeer nie. ‘n Lugsoektog is verlede week afgelas.

Nel het verlede Vrydag haar 59ste verjaardag gevier.

Volgens haar is dit nog onduidelik wanneer Nel se man JC en hul seuns, John-J en Juan, wat nou in Nepal is, na Suid-Afrika terugkeer. Nel se man het verlede Donderdag op Facebook gevra mense moet vir Petro bid en ‘n kers vir haar aansteek.

Die weermag in Nepal en plaaslike vrywilligers neem deel aan die grondsoektog.

Puten se seun, ook ‘n vlieënier, het hom ook by die soektog aangesluit.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.