Swart studentebetogers verloor stoom

Terwyl studentebetogings besig is om momentum te verloor, het die Nasionale Vergadering ‘n blitsdebat geskeduleer oor transformasie in hoër onderwys.

Verskeie studenteleiers sal na verwagting die debat by die parlement met ‘n duidelike anti-wit strekking bywoon.

Talle wit studente wat betrokke was by die opstand, het na afloop gesê hulle is deur swartes aangesê om nie deel te neem nie, want dis ‘n swart opstand waar wittes nie welkom is nie.

Die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande sal die debat lei, wat sal fokus op ‘n “gebrek aan transformasie, en rassisme” asook gratis tersiêre onderrig.

By die Universiteite van Pretoria en Wits en die Tshwane Universiteit van Tegnologie is daar tot ‘n vergelyk gekom.

Klasse sal vandag by die Universiteit van Pretoria begin, terwyl die TUT en die Universiteite van Kaapstad en Witwatersrand Woensdag sal voortgaan.

Verskeie ander universiteite het intussen ooreenkomste met opstokers bereik, maar ontevredenheid heers steeds by sekere instellings.

Die visekanselier en rektor van die Universiteit van die Vrystaat, Jonathan Jansen, wou nie betogers Maandag toespreek nie.

Dit is volgens die Suid-Afrikaanse Studente-kongres se voorsitter in die Motheo-distrik, Bongani Zwane.

Sasco het voor die hoofgebou van die UV se Bloemfontein-kampus saamgedrom in die hoop dat Jansen hulle sou toespreek rakende terugvoer op ‘n griefskrif wat hulle verlede Maandag aan universiteitsbestuur oorhandig het.

Die griewe sluit onder meer duur studierekords en koshuisgelde in.

Intussen sê Zwane het Jansen ingestem om die grieflys Dinsdag in ontvangs te neem. Hy sê word tans reëlings getref om na Jansen se kantoor op te ruk.

By die Universiteit van Limpopo het geweld op die Turfloop-kampus uitgebreek.

Dertien studente is in hegtenis geneem nadat betogers onder meer kafeterias by die kampus beskadig en geplunder het, slegs ure nadat betogers ‘n griefskrif aan die universiteitsbestuur oorhandig het.

Die dertien sal verskyn op aanklagte van kwaadwillige saakbeskadiging en diefstal.

Die woordvoerder van die universiteit, Kgalema Mokgoba sê hul vernaamste eise soos die kwessie van gratis onderrig berus by die nasionale regering. Die omvang van die skade op die kampus is nog nie bepaal nie.

Die Universiteit van Kaapstad is besig om die aanklagte teen van sy studente en werkers weens die oortreding van ‘n hofinterdik, terug te trek.

Die universiteit is ook in gesprek met die Nasionale Vervolgingsgesag om die aanklagte teen betogers wat die parlement bestorm het, te laat vaar.

Twee vooraanstaandes uit die Xhosa-faksie se seuns is in hegtenis geneem tydens die oproer waar onluste-polisie van skokgranate moes gebruikmaak om die stormloop te keer.

Die aangekeerdes sluit die seuns van die eerwaarde Frank Chikane en die visekanselier van die universiteit, Max Price in.

Nege-en-twintig studente is verlede Donderdag met ‘n waarskuwing vrygelaat, met hul volgende hofverskyning wat op 23 Februarie aanstaande jaar moet plaasvind.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.