Tuks heropen ná gister se ontwrigting deur swart studente

Deel op

Die Universiteit van Pretoria heropen vandag nadat dié instelling gister weereens tot stilstand gekom het toe lede van die EFF, Sasco en opgeruide swart studente aktiwiteite ontwrig het. Blanke studente in die biblioteek is aangesê om die kampus te verlaat of daar sal geweld teen hulle gebruik word. Hierna het die universiteit ‘n Engelse boodskap aan alle studente per sms uitgestuur waarin verrigtinge vir die dag opgeskort is:

Students, academic activities are suspended for today, due to disruptions by students. Further info will follow on the web later today.

Blykbaar het die universiteit sedertdien met die radikale swart studente gesprek gevoer, want intussen het die rektor en visekanselier, prof. Cheryl de la Rey, die volgende boodskap op die UP-webblad in Engels en Afrikaans gepubliseer:

Die Visekanselier en Rektor van die Universiteit van Pretoria het vandag (26 Oktober 2015) indringende gesprekke met die verteenwoordigers van al die studenteliggame gevoer.

‘n Formele ooreenkoms tussen al die partye is onderteken, waarin daar ooreengekom is dat akademiese aktiwiteite op 27 Oktober 2015 sal hervat.

Die aangepaste skedule vir eksamens sal sou gou as moontlik gekommunikeer word.

Dekane sal verdere kommunikasie spesifiek tot hul fakulteite hanteer rakende reëlings vir die herskedulering van toetse, indiening van werksopdragte en ander akademiese aktiwiteite.

Alle amptelike inligting rakende toetse, werkopdragte en eksamens sal beskikbaar gestel word op die UP-webtuiste en ClickUP.

Soos ons terugkeer na normale akademiese aktiwiteite, vertrou ek dat studente en UP-personeellede sal fokus op die opkomende jaareindeksamens en die afsluiting van die akademiese jaar.

Prof CM de la Rey
Visekanselier en Rektor

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.