Wie wurg wit Europa blou?

Deel op

Dr. Leopold Scholtz skryf afgelope Saterdag op Prawda dat Europa tot steeds meer “ekstremisme” oorgaan as gevolg van die migrantestroom wat die Abendland oorspoel. Daar word ‘n tal van voorbeelde genoem, onder andere die skeltaal wat Frau Merkel moet verduur, die Nederlandse dorpe wat ekstremiste trek, die Sweed wat ‘n onderwyser en kind doodgesteek het, en meer gematigde insidente waarin plaaslike Duitse burgemeesters meen dat daar geen plek meer is om hierdie stroom vlugtelinge op te vang nie.

As ek op die hoofstroommedia kyk, sien ek dieselfde tendens. Die Metro gratis koerant bring verlede week ‘n voorbladfoto uit van ‘n kind in nood, en Al-Jazeera meld van ‘n verdrinkende vlugtelingkind wie se lewe net-net gered kon word. ‘n Groot aantal tragiese gevalle word aan die Europeër geprojekteer om op hul skuldgevoelens te teer en om meer vlugtelinge in hul eie agtertuin te verwelkom.

Tussen Scholtz en die Europese hoofstroommedia word die indruk gewek dat die Europeer intolerant en inherent rassisties is, en dat dit ‘n swakheid aan hulle kant is dat hulle nie hierdie arme onskuldige vlugtelinge in hul gebiede wil aanvaar nie. Ek vermoed dat die HSM doelbewus gemuilband word om nie al te negatiewe berigte oor die vlugtelinge te plaas nie. Immers, elke wit Europeer wat teenstribbel is mos een te veel.

Hierdie proteste waar die tradisionele Europeers hulself skuldig aan maak is egter nie bloot ‘n irrasionele impuls nie, maar ‘n reaksie op dit wat hulle elke dag sien en van hul kennisse en vriende verneem. Net so aan die buitekant van die falende mediamonopolie is daar baie gesaghebbende nuusvoerders wat ander verhale vertel.

Die volgende is die geval:

In Duitsland het die misdaad die laaste jaar dramaties toegeneem. Buitelandse bendes het op die groter stede toegesak en begin vanuit hul onderwêreldse posisie die nasionale kohesie te ondermyn. Die situasie is al so rampspoedig dat die polisie gekapituleer het. Hulle het nie die hulpbronne of die manskappe om hierdie probleem te kortwiek nie, wat in feite beteken dat wet en orde besig is om te verval. Dat die woede teen Angela Merkel begin toeneem behoort nie te verbaas nie. Sy het immers enkele jare gelede toegegee dat integrasie in Duitsland volledig misluk het. Die ander Europese leiers het opgelug gereageer dat iemand anders dié probleem eerste openbaar gemaak het, en soos vallende dominostene het hulle al skoorvoetend dieselfde toegegee. Eers Merkel, toe Sarkozy, daarna Balkenende en David Cameron.

Ondanks hierdie duidelik mislukte integrasie van minderhede, staan Frau Merkel nou voorop en meen dat Duitsland nog heelwat meer kan akkommodeer. Duidelik blyk dit nie soseer die verregse ekstremiste is wat irrasioneel optree nie, maar eerder Frau Merkel, wat besig is om ‘n slinkse hoogverraad te pleeg met haar optredes.

Ons sien dieselfde tendens in Swede. Daardie land is tegnies bankrot. Minderhede en asielsoekers wil nie werk nie, maar op uitkerings van die staat leef. Hulle wil ook nie integreer nie, maar die plaaslike Sweedse bevolking van binneuit vernietig. In 2006 het die polisie in Malmö ook al vermeld dat hulle die misdaad nie meer kan beheer nie. Ondanks hierdie bevindings, die feit dat verkragings met meer as 1400% toegeneem het, en dat hulle nog heelwat meer asielsoekers wil opvang, word elke stem van protes doodgeswyg of as “rassisties” beskou. Daar word weer grootliks melding gemaak van die “verregse, rassistiese” Sweed wat iemand met ‘n mes doodgesteek het, maar toe afgelope Augustus ‘n vlugteling uit Eritrea iemand in die Ikea winkel onthoof het, was alle perse doodstil. Om die gemoedere te bedaar het die winkel besluit om kombuismesse uit die rakke te verwyder in plaas van die vlugteling uit hul land te skop. Die mes het dit alweer gedoen.

Ikea

Die narratief dat die vlugtelinge wegvlug vir die oorlog in Sirië is maar ‘n dungesaaide storie. Slegs 20% van die vlugtelinge blyk inderdaad van daardie land afkomstig te wees. Ongeveer 72% van die vlugtelinge is mans van weerbare leeftyd (18-45 jaar) met om en by 15% vroue en 13% kinders. Ons moet ook nie vergeet dat die martelaar-peuter Aylan Kurdi wat dood op die Turkse kus aangespoel het, ook in sy tuisdorp in Sirië begrawe lê nie, wat ‘n mens laat kopkrap oor die veiligheidssituasie aldaar.

Die leier van Sirië, Bashar al-Assad, is ‘n mediese dokter en sekulêre Moslem. Sy vrou is ook volledig sekulêr en dra geen hoofdoek nie. Hy staan juis bekend om sy gematigheid en dat radikale Moslems hom wil verwyder omdat hy te akkommoderend is vir ander nie-Islamitiese minderhede. Selfs die VS befons ISIS om Assad uit sy land te verwyder. Dit is dus uiters skynheilig hoe die Europese leiers, media en moraliste karring oor die gebrek aan gematigheid onder hul eie mense terwyl hulle juis van ‘n gematige leier ontslae wil raak deur radikale bewegings te steun.

As die spulletjie witboordjieskurke in Brussel werklik gematigheid onder hulle mense wil hê, moet hulle begin om gematigde leiers elders te steun teen radikalisme. Dan sal die vlugtelingestroom vanself begin afneem en die Europeër sy radikale leuses en spandoeke oorboord gooi.

Dit gaan egter nie gebeur nie, aangesien ons ‘n nuwe tydsgewrig betree. Die skurke in die EU en hul skoothondjie-leiers is soos ‘n imperialistiese beheerliggaam wat die soewereiniteit van die Europese nasiestate wil vernietig. As die gewone Europeër nie so verward en apaties was nie, sou hy kon gesien het dat die EU beheerliggaam letterlik in ‘n staat van oorlog teen die nasiestate verkeer, en net soos hulle uit Suid-Afrika geleer het hoe verlam en verdeeld ‘n Westerse volk optree in ‘n multikulturele gebied, gebruik hulle die vlugtelinge as verskoning om Europa in dieselfde rioolput af te spoel.

Laat ons nie vergeet nie dat daardie superbankpokker George Soros se stigting verantwoordelik was om pamflette te versprei onder die inwoners van die Midde-Ooste waarin vermeld word hoe hulle die Europese wette kan omseil om hulself in Europa te kan vestig, volledig met landskaarte, telefoonnommers, internetadresse en regsverteenwoordigers se gegewens.

Dit is nogal verbasend hoe die eens magtige Europa se leiers ewe skielik jellie-agtig begin word het en kans sien om hul eie mense se lewens te versuur terwyl die Nederlandse eerste minister weier om asielsoekers in sy buurt te verwelkom. Dis mos ons taak, meen hy. Snaaks genoeg het ek ook niks meer verneem van Conny Braam, Klaas de Jonge of Hélène Passtoors nie. Auntie apartheid is nou ewe skielik tjoepstil en sê niks oor haar rassistiese landgenote nie.

Al wat ek weet is dat hoe gouer die Eurolande wakker skrik  en wegbeweeg uit daardie vervloekte Unie, hoe beter sal die kans wees dat daar nog ‘n land sal wees vir die etniese Europeër se nageslag een dag.

Ongelukkig is die etniese Europeër juis die probleem.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.