‘Meeste studente by universiteite is swart’

Deel op

Die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande sê sommige universiteite se probleme is toe te skryf daaraan dat die regering ‘n slagoffer van sy eie sukses is.

Nzimande het gesê die aantal swart studente aan universiteite het sedert 1994 toegeneem, die meeste studente is swart en die universiteite het boonop uitgebrei.

Nzimande sê die land kán wel gratis onderwys bekostig, maar die geld moet uit die privaatsektor kom.

Hy sê al die finansiële implikasies van klasgelde wat nie vir 2016 verhoog sal word nie, is nog nie duidelik nie. Die tekort blyk sowat drie miljard rand te wees.

Nzimande het voorts erken dat daar sedert 1994 ‘n daling in regeringshulp aan universiteite is.

Die aankondiging oor klasgeldverhogings wat verlede week tot landwye betogings gelei het, het etniese politieke faksies binne die ANC en EFF gemobiliseer.

Die opstand het by talle instellings tot geweld, plundery en brandstigting gelei.

President Jacob Zuma sê ernstige oorweging word tans geskenk aan die hersiening van universiteite se outonomie.

Hy het by die Oliver Tambo-gedenklesing in Port Elizabeth gesê die siening is dat daar ‘n verskil moet wees tussen die outonomie van universiteite en akademiese vryheid.

Die sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe vroeër gesê universiteitsrade en visekanseliers misbruik hul outonomie om studente uit te sluit.

Die DA sê intussen die regering moet sy aandeel in Vodacom wat vir R2 miljard verkoop is, gebruik om universiteite te befonds.

Die DA sê ‘n verdere sowat R720 miljoen wat aan die departement van internasionale betrekkinge toegeken is om die verswakking van die rand teen te werk, kan eerder aan universiteite gaan.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.