Korrupsie gedy onder swart skoolhoofde

Deel op

Swart skoolhoofde is klaarblyklik nóú betrokke by die verkoop van eksamenvraestelle of die verskaffing van antwoordstelle aan leerlinge tydens toetse.

Dit is volgens die verslag van Corruption Watch getiteld “Die verlies van beginsels” wat Donderdag vrygestel is.

Die grootste deel van gerapporteerde gevalle kom uit die Vrystaat, Gauteng, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap.

Een van Corruption Watc se amptenare Leanne Govindsamy sê hulle het ook bevind dat daar geen gevolge vir die korrupte skoolhoofde is nie.

Corruption Watch het meer as 1 100 gevalle van korrupsie aangeteken sedert hulle begin het met hulle skoleveldtog.

In hierdie verslae, word 54% van alle skoolhoofde as die primêre skuldiges in korrupte aktiwiteite aangedui.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.