Kaapstad, Wits gesluit omdat betogers wil aanhou

Deel op

Die akademiese program aan die Universiteit van Kaapstad sal Maandag gesluit bly, het die instelling Sondag via Twitter aangekondig.

“Na deeglike oorweging sal die kampus gesluit wees môre, Maandag, Oktober 26, 2015,” het die Universiteit getwiet.

Dit kom nadat ‘n Xhosa-faksie oor verhogings vir 2016 by universiteite begin betoog het.

In ‘n opstand wat gekenmerk is deur geweld, is President Jacob Zuma versoek om klasgelde nie vir volgende jaar te verhoog nie.

Intussen het amokmakers by die Universiteit van die Witwatersrand beloof om hul #FeesMustFall-veldtog voort te sit totdat daar aan al hul eise voldoen word, insluitend gratis onderwys vir almal, het hulle Saterdag aangekondig.

Een van die betogerleiers van die beweging, die EFF se Wits-organiseerder Vuyani Pambo het gesê die besluit om voort te gaan met die veldtog is op Saterdagmiddag op die kampus geneem.

“Die besluit is geneem in ‘n massavergadering vandag [Saterdag] dat ons moet voortgaan omdat ons nie kry wat ons wil hê nie, naamlik gratis onderwys.”

Ten spyte van Zuma se onderneming dat klasgelde nie volgende jaar verhoog sal word nie, het ‘n woordvoerder van die NWU se Mafikeng-kampus, Sondag gesê daar is aanduidings dat die kampus Maandag gesluit gaan bly.

Alle akademiese bedrywighede word egter vandag by die Universiteit van Pretoria hervat, maar eksamens sal eers van Woensdag af geskryf word.

Die biblioteek en studiesentrums sal ook vandag oop wees en die gewone Maandag-rooster sal gevolg word.

Hersiene toets- en eksamenroosters sal dié week aan studente gegee word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.