Dan Roodt: Die tragedie van Springbokrugby

Deel op

Kom ons erken dit maar: In die Nuwe Suid-Afrika met sy afwaartse spiraal wat standaarde en prestasie betref, soek almal naarstiglik na ‘n tikkie voortreflikheid, die sweem van ‘n “wenner”. Vandaar dus die sware verantwoordelikheid wat op die Springbokrugbyspan gepak word: In ‘n verloorland met ‘n regering wat Zimbabwe as sy model aanvaar het, moet vyftien hoofsaaklik wit Afrikaanse rugbyspelers die kastaiïngs uit die vuur krap en ‘n wêreldbeker huis toe bring.

Soos ek egter gistermiddag na afloop van die Springbokke se neerlaag teen Nieu-Seeland getwiet het:

Albert Brenner, wat so twee jaar gelede hier oor Rugby en die Afrikaner geskryf het, het gister insgelyks getwiet:

As ‘n mens ‘n lykskouing oor gister se wedstryd moet hou, het Bryan Habana waarskynlik die wedstryd weggesmyt toe hy ongevraag begin storm het voordat Dan Carter vir sy doelskop begin beweeg het. Daarmee het ‘n oënskynlik senuagtige Carter ‘n tweede kans gekry en wel die bal tussen die pale deurgestuur.

Ek is nie so ‘n groot rugbykenner nie, hoewel enigeen in Suid-Afrika met rugby grootword. Toe ek klein was, nog voor die koms van televisie, kan ek onthou hoe gesinne voor die radio met gespanne aandag na Gerard Viviers se kommentaar geluister het, tot by daardie ekstatiese oomblik: “… En hy druk hom!” ‘n Mens moet egter blind wees om nie die dilemma van Springbokrugby raak te sien nie.

Die media maak ‘n geweldige ophef van gekleurde spelers, veral natuurlik Habana, maar ook die Zimbabwiër “Beast” Mtawarira wat reeds sedert 2008 vir die Springbokke speel. Trouens, “Beast” verskyn op feitlik elke handelsadvertensie waarin die Springbokke gebruik word. Ook J.P. Pietersen haal elke keer span, terwyl die aantal foute wat hy maak, net vermeerder. Die afgelope paar wedstryde hou ek hom nogal dop: telkens as hy die bal kry, lyk dit nie asof hy weet wat om daarmee te maak nie. Gister het hy ‘n bal wat deur die All Blacks uitgegooi is, probeer klap en daarmee die lynstaan ongunstig teen sy eie span gekeer.

Daarmee is ons midde-in die probleem van Springbokrugby: rassekwotas en politieke korrektheid. Mandela het nie spontaan die Springbokrugbytrui in 1995 aangetrek nie: sy sinistere raadgewers in die SAKP wat al dekades lank met ‘n sielkundige oorlog teen Afrikaners besig is, het hom waarskynlik voorgesê om met dié foefie vorendag te kom, “om die land te verenig”, terwyl hulle heimlik besig was om van die weermag en polisie se offisiere ontslae te raak en hulle met hul eie MK-terroriste te vervang.

Feit is dat sport, en veral rugby, in Suid-Afrika so verpolitiseer is dat ons waarskynlik nooit weer “normale” sport gaan sien nie. Eintlik kry ‘n mens die afrigters soos Heyneke Meyer jammer, want hulle moet die bykans onmoontlike vermag om teen ander spanne te wen wat bloot op meriete gekies word, terwyl hy die ANC-sportminister Fikile Mbalula se enkelmoutwhiskyasem op sy nek voel soos wat die druk om alle blanke spelers met swartes te vervang, toeneem.

“Transformasie” is ‘n sinoniem vir dít wat die Franse deesdae “die groot vervanging” (le grand remplacement; kyk bietjie dié musiekvideo deur die gemaskerde vrouegroep “Les brigandes”) noem. Dit gaan daaroor om die oorspronklike bevolking – in dié geval die Springbokke wat meesal uit Afrikaners bestaan het – met ‘n nuwe bevolking te vervang.

Onderweg na daardie “groot vervanging” waardeur ons uit die openbare oog moet verdwyn, ook wat rugby betref, bevind Springbokafrigters hulle tussen Scylla en Charybdis: vervang hulle nie genoeg nie, verloor hulle hul werk; vervang hulle te vinnig, verloor die span, soos gister.

Gister het die All Blacks, veral in die eerste deel van die wedstryd toe ons goed begin het, nie so sterk gelyk nie. Indien die Springbokke meer gees en samehorigheid gehad het, sou hulle met gemak kon wen. Maar die punt van my twiet hier bo is geldig: Geen patriotisme en samehorigheid is moontlik waar ‘n volkslied uit drie dele met drie tale bestaan en daar konstant rassekwotas afgedwing word nie!

Ons, die Afrikaanse rugbypubliek, bevind ons ook in ‘n volslae teenstrydigheid: Indien die Springbokke die wêreldbeker sou wen, sou dit eindeloos deur die ANC en die hele polities korrekte horde in die media uitgebuit word “om die dae van Mandela” te laat herleef en juis “die groot vervanging” met skerper haat en venyn te verkondig. Verloor hulle, soos gister, voel mense teleurgestel en moedeloos, en gee al minder om of die groot vervanging plaasvind, al dan nie.

Wen of verloor, op die ou einde verloor ons almal.

Het dit daarom nie tyd geword dat die sportadministrateurs en -afrigters bietjie ruggraat toon en groter outonomie vir sport en sportbesluite – soos die aanwys van spelers – voorstaan nie?

Anders gaan die huidige kwasikommunistiese omstandighede waarin alles – kultuur, letterkunde, onderwys, sport – aan politiek en ideologie ondergeskik is, bloot voortduur.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.