Karel Combrinck: Sangomaland

Deel op

Hierdie is nie bedoel om ‘n kommentaar op Leon Lemmer se rubriek oor Leon Wessels te wees nie, maar sluit hopelik daarby aan.

Oor die afgelope weke is ons vergas op berigte oor opstootjies en relletjies aan Suid-Afrikaanse universiteite. Dit gaan nou oor Afrikaans as voertaal en dan weer oor fooie. ‘n Mens sou graag die maer hond langs die konka wil wees te om te probeer afluister wat die eintlike redes vir hulle « woede » nou is. Soos ons uit ondervinding oor die jare weet, sê hulle mos nooit wat die ware rede is waarom hulle breek en brand en toi-toi nie. In 1960 met die Sharpeville-onluste (nog ‘n linksdekadente simbool) was dit mos kwansuis « woede » oor pasboeke.

Nee, ek wil my verstout om te sê die werklike rede vir hulle « woede » is frustrasie dat hulle nie die mas kan opkom nie, selfs nie met die verlaagde standaarde aan ons nuwe « getransformeerde » universiteite nie.

Die standaarde van ons universiteite is reeds dermate afgewater dat ons kwalifikasies net geen waarde meer in die meeste Westerse lande het nie, behalwe miskien vir die nuttelose vakrigtings wat almal met politieke onrusstokery en rewolusie te make het! Watter regdenkende mens wil jou wend tot ‘n dokter wat heel waarskynlik 40% gemiddeld in matriek behaal het? Intussen is daar derduisende dokters wat in die buiteland werk en wat voor « transformasie » aan Suid-Afrikaanse universiteite opgelei is. Allerweë is hulle erken as van die beste dokters ter wêreld. Deesdae word Kubane en Bangladesji’s ingevoer om in ons eie behoeftes aan dokters te voorsien.

Neem die halfbesimpelde vroumens van die Departement Engels aan die Universiteit van Stellenbosch met wie Praag onlangs ‘n onderhoud gevoer het. Gaan iemand my vertel dat sy dieselfde standaarde op « benadeeldes » gaan toepas as wat vantevore vir wit studente gegeld het ? Maar nou ja, gelukkig gaan dit maar net om Engels en wie de swernoot gee om wat van die standaard van Engelsonderrig op Stellenbosch word ? Ons bekommernis is nie oor Engels nie, maar oor die ander studierigtings.

Nog ‘n voorbeeld : Ons regsopleiding. Onlangs sê iemand aan my: « Jy weet die Suid-Afrikaanse regering erken nie meer die B. Proc.-graad nie, net die LL.B. » Maar weet die persoon dan nie die LL.B.-graad van vandag ís die B.Proc van gister nie! In die leerplan vir die « nuwe », «getransformeerde » LL.B. by Unisa ontbreek byvoorbeeld Latyn en Romeinse Reg. Enigeen weet tog dat ons regstelsel gegrond is op die Romeinse reg en die Romeins-Hollandse reg. Hoe studeer ‘n mens die Suid-Afrikaanse reg sonder ‘n kennis van Latyn en van die Romeinse reg en dus van die Romeins-Hollandse reg?

Aan die ander kant is daar nou goggas in die leerplan soos « Skills course for law students » (Unisa ken net Engels) en « Fundamental rights ». As ‘n mens nou ‘n spesiale vak moet hê wat handel oor fundamentele regte, wat bestudeer jy dan in die ander vakke? Gaan die reg in sy geheel dan nie oor mense se fundamentele regte nie? Dan ook nog « African Customary Law ». O wee, o wee. Hoe hulle van African customs by « law » uitkom, sal seker net die sangoma weet. En dan ook nog « International human rights ». Dis nou skynbaar iets anders as « fundamental rights »!

In elk geval sal die »getransformeerde » regsopleiding en regspleging nou ruim voorsiening maak vir « regstelling » en « anti-diskriminasie » ( d.w.s. diskriminasie teen wittes ) en dis mos maar waaroor dit in die « nuwe » Suid-Afrika gaan.
Maar die werklike vraag is: Kan Suid-Afrikaanse universiteite nog gered word? Is hulle nie reeds onherroeplik daarmee heen nie? Kan ‘n universiteit, waar verdienstelikheid en prestasievermoë nie meer die hoogste prioriteit is nie, nog ‘n universiteit wees? Is ‘n Universiteit wat na die regering se pype dans in die mate waartoe die Universiteit van Stellenbosch dit byvoorbeeld doen en waar ANC ideologie ‘n wesenlike deel van die universiteit se waardestelsel uitmaak, inderdaad nog ‘n universiteit?

Een van die fundamentele kenmerke van ‘n universiteit is onafhanklikheid. Van watter onafhanklikheid is daar nog by Suid-Afrikaanse universiteite sprake? Moet ons nie maar die aftakelingsproses, wat in elk geval reeds onomkeerbaar is, aanhelp en versnel nie? Wanneer alles tot niet is, kan ons dalk begin om weer van nuuts af iets van waarde tot stand te bring. Maar dit sal moet wees sonder ANC-toesig, anders, los maar.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.