Skoppensboer: Met alles reeds verniet, waarom nog klasgeld betaal?

Skoppensboer moet sy verbasing uitspreek dat die ANC-bewind nie lankal tersiêre studie gratis en verniet gemaak het nie. Soveel dinge in Suid-Afrika is dan reeds verniet: elektrisiteit in Soweto en op baie ander plekke waar jy net jou draad kan gaan aansluit, water, kindertoelaes, pensioene, e-tol wat niemand betaal nie, asook skoolonderrig. Veral as jy swart is, hoef jy net ‘n vorm in te vul om te sê jy kan nie nog skoolfonds én jou MTN- of Vodacom-kontrak én DSTV én jou Edgars-rekening betaal nie, en dan word jy van skoolfonds kwytgeskeld.

So gepraat van Edgards-rekeninge en dergelike. Jare gelede toe Skoppensboer nog ‘n rassis en ‘n kolonialis in die donker tye was, het hy ‘n bediende gehad. Haar moedertaal was Xhosa en benewens dat sy verniet Amerikaanse sepies in haar kamer gekyk het sonder om ‘n TV-lisensie te betaal, het sy ook mettertyd allerlei “verbruikerskaarte” soos die goed genoem word, versamel. Seker tien jaar ná haar vertrek het Skoppensboer nog gereeld aanmanings van Woolworths, Jet, Edgars en ander kettingwinkels in sy posbus ontvang, want in haar geval was dit nie “koop nou, betaal later” nie, maar “koop nou, betaal nooit!”

Sedertdien bekyk Skoppensboer met ‘n mengsel van nuuskierigheid en ongeloof die uitslae van groot maatskappye wat gereeld reusebedrae slegte skuld afskryf, in die miljarde rand. Selfs die welvarende Steinhoff-meubelgroep van mnr. Markus Jooste moes al “voorsiening maak” soos dit eufemisties gestel word, vir miljarde rande se slegte skuld by die JD-groep. Dink daaraan: in elke lokasie staan daar miljarde rande se gratis meubels en binne in die hangkaste is daar gratis klere, skoene, parfuum en ander produkte.

Dan is daar African Bank, wat met tien miljard rand “geherkapitaliseer” moes word. Iemand het daardie tien miljard uitgegee en soos ‘n Duitse vriendin destyds gesê het toe die Tswanas die winkelsentrum afgebrand het waarin Bophutatswana se staatspensioenfonds belê het: “Hulle het dit by die skoorsteen op gerook!” Daardie tien miljard is skoonveld en African Bank sal dit nooit weer sien nie.

Dis soos die grappie wat Skoppensboer eenkeer op Bloemfontein gehoor het, nogal van ‘n universitêre amptenaar wie se naam hy hier sal verswyg, anders word die arme man strafregtelik vervolg:

“Die slegte nuus is: Almal in Bloemfontein moet Botsjabelo toe trek.”

“Die goeie nuus is: Ons goed is klaar daar.”

Benewens verbruikerskaarte en -lenings waarmee die huidig bevoordeeldes soveel pasellas verkry, is daar natuurlik doodgewone diefstal ook, wat ons in land triljoene rande beloop. Blykbaar staan dit eufemisties as “regstellende inkopies” bekend. Laat ons nie vergeet van ons arme boere wat gereeld hul lewende hawe of selfs graan- en vrugteprodukte aan stropers moet afstaan nie.

Dan praat ‘n mens nog nie van die tenderpreneurs, politici en verwante rampokkers wat die staat en die munisipaliteite vir geld melk nie. Dat enigeen nog belasting betaal in ‘n land waar alles in elk geval verniet is, slaan Skoppensboer ook dronk. Hy moet nog daardie blitsverkoper Freakonomics lees. Dit gaan seker net oor Suid-Afrika waar alles verniet is behalwe vir mense wat oor apartheid skuldig voel en daarom maar gedwee hul