Wit Sweed dood twee in ‘rasse-aanval’

Deel op

Anton Lundin Pettersson het twee mense gedood en twee ander met ‘n swaard beseer by ‘n skool in Swede.

Vrydag het die Sweedse polisiehoof Niclas Hallgren verklaar dat die man wat twee mense gedood het “deur rassistiese motiewe beweeg is”.

“Ons is daarvan oortuig dat die aanvaller deur rassistiese motiewe beweeg is,” het hy gesê. “Ons het tot hierdie gevolgtrekking gekom op grond van wat ons gevind het toe ons sy woonstel deursoek het, sy optrede tydens die gebeure en ook op die basis van hoe hy sy slagoffers gekies het.”

Hy het glo die anti-immigrasieparty, die Sweedse Demokrate, en ander regse politici op Facebook ondersteun.

Die swaardaanvaller van Trollhättan is eers later in die hospitaal aan sy wonde dood, nadat hy deur die polisie buite die skool geskiet is.

Die media het voor hy dood is reeds berig dat hy “doodgeskiet” is, maar die hospitaal waar hy opgeneem is, het die berigte weerlê.

Volgens ‘n woordvoerder van die hospitaal is hy gedurende ‘n noodoperasie wat op hom uitgevoer is, dood.

Die 21-jarige verdagte het ‘n masker en ‘n swart uniform gedra, vermom soos ‘n karakter uit die film Star Wars.

Hy het ‘n onderwyser en ‘n skoolkind met sy swaard vermoor en nog ‘n onderwyser en ‘n kind is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal.

Die aanvaller het na bewering voor die aanval foto’s saam met skoolkinders geneem.

Volgens berigte het van die skoolkinders gedink dit is ‘n poets vir Halloween.

Navorsers sê Trollhättan die mees gesegregeerde stad in Swede, met immigrante wat almal gekonsentreer is in Kronogården.

Die Saab-fabriek is in Trollhättan geleë en sou hierdie jaar twee keer meer immigrante ontvang as die vorige jaar, naamlik 160 000.

Dit is die derde soortgelyke voorval van sy soort te midde van oplaaiende weerstand teen massa-immigrasie wêreldwyd.

In die twee vorige gevalle het Anders Breivik en Dylan Roof glo ook uit rassistiese oorwegings moorde gepleeg.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.