Moslemhulporganisasie steun opmars na Uniegebou

Deel op

Die hulporganisasie Gift of the Givers het kos en drinkgoed aan betogende studente belowe by die Uniegebou.

Tienduisende beplan ‘n opmars na die Uniegebou in Pretoria waar hulle deur President Jacob Zuma toegespreek sal word.

Die presidensie het in ‘n verklaring gesê dat Zuma met die universiteits- en studente-leiers sal vergader om die situasie wat gelei het tot landwye protes, te besleg.

Betogers is ontevrede oor ‘n 6% verhoging in klasfooie.

Gift of the Givers se Imtiaz Sooliman sê hulle het die studente ondersteun in hul ‘n oproep vir toegang tot gehalte-onderwys.

Hy sê hierdie oproep is veral belangrik vir studente uit benadeelde agtergronde.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.