Twee nuwe verdagtes vir Lockerbie-bom uitgewys

Britse media berig dat die Libiese owerhede die ondervraging van twee verdagtes in die 1988 bomaanval op Pan Am vlug 103 sal toelaat.

‘n Libiese woordvoerder het die week aan die BBC gesê ondersoekbeamptes kan na Libië kom en die verdagtes ondervra wat weens onverwante klagte in die gevangenis is.

Skotse aanklaers het verlede week aangedui daar is twee nuwe verdagtes in die bombardering van die vliegtuie wat oor Lockerbie neergestort het en die lewe van 270 mense geëis het.

Die twee verdagtes is nie geïdentifiseer nie, maar die BBC berig beamptes in Tripoli het hulle as Mohammed Abouajela Masud en Abdullah al-Senoussi geïdentifiseer.

Abdelbaset al-Megrahi, die enigste persoon wat skuldig bevind is aan die bomaanval, is in 2012 aan kanker oorlede.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.