Xhosa-faksie protesteer weer onder dekmantel van kerk

Deel op

‘n Groep politieke aktiviste wat onder die dekmatel van die kerk ‘n opstand onder studente probeer reël, het die oproer oor ‘n verhoging van klasgelde tot ‘n “nasionale krisis” verklaar.

Die groep, onder leiding van Eerwaarde Frank Chikane, het Wits Universiteit in Johannesburg besoek uit sogenaamde eensgesindheid met wat hulle “studente” noem, maar eerder betogende skoonmakers, skoolkinders en ‘n paar belhamels is.

Chikane, ‘n oubekende wat ervaring in stedelike terreur en aanhitsing het, is deel van die Xhosa-faksie in die ANC.

Chikane het gesê hulle veroordeel die “onnodige gebruik van mag en polisiebrutaliteit” teen studente.

Die kerkleiers het ook ‘n beroep gedoen vir die onmiddellike vrylating van die studente wat gister by die Parlement in Kaapstad in hegtenis geneem is.

Chikane het na sy seun verwys wat een van diegene is wat in hegtenis geneem is en gesê hy begryp die “pynlike situasie” van die opstokers.

Intussen is studente wat nie aan die betoging op die Noordwes-universiteit se Mahikeng-kampus deelneem nie, deur betogers uit hul koshuise verwyder.

Dit is die tweede dag van protesoptrede en klasse wat geboikot word. Studente van verskeie studentebewegings waaronder Sasco en die EFF sing struggle-liedjies by die ingang.

Luidens berigte is die universiteit se boekwinkel gisteraand bestorm en boeke, skootrekenaars en tablette gebuit.

Meer as 40 studente sal binnekort in die hof verskyn. Die polisie monitor die situasie.

By die Universiteit van Pretoria het betogers Woensdag studente uit die biblioteek geboender en gedreig dat hulle nie mag leer nie.

Die Kaapstad Skiereilandse Universiteit van Tegnologie het ‘n interdik teen studente wat skade aan die kampus aangerig het, verkry.

Enigiemand wat eiendom beskadig of enige student of werknemer teister, sal van die kampus verwyder sal word.

Dieselfde geld vir enige betogers wat klasse, eksamens of gradeplegtighede ontwrig. Klasse is opgeskort vir die dag.

Talle studente aan die Universiteit van Limpopo is bekommerd oor die opskorting van die finale eksamens. Die universiteit het vroeër ‘n verklaring uitgereik waarin hulle sê die eksamen wat Maandag begin het, is onbepaald uitgestel.

Betogende studente het Woensdag eksamens ontwrig terwyl ander besig was om te skryf.

Spanning heers in Grahamstad in die Oos-Kaap nadat buitelanders se winkels vir die tweede agtereenvolgende dag geplunder is.

Meer as 70 winkels het Woensdag deurgeloop. Die plundery het intussen na nabygeleë gebiede versprei.

Woensdag is 80 mense waaronder 11 jeugdiges in hegtenis geneem. Nog polisiebeamptes is intussen ontplooi en die hoofstraat is afgesper.

Dit is nie bekend hoe die plundery met studentegriewe verband hou nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.