Amerikaanse State Department hits betogers aan

Deel op

Terwyl ‘n minderheid studente amok maak by universiteite en skoolkinders en skoonmakers aanhits tot ongehoorsaamheid, wil dit voorkom asof die Amerikaanse State Department ook toegetree het tot die Xhosa-faksie.

Die VSA het sy “kommer” uitgespreek oor berigte dat die onluste-eenheid van die polisie skokgranate afgevuur het.

Die State Department se woordvoerder John Kirby het aan verslaggewers by ‘n inligtingsessie gesê Woensdag dat hulle die situasie van honderde “studente” wat aan protes deelneem, monitor.

Hy het gesê hulle het die verslae gesien oor die onluste.

“Duidelik neem ons dieselfde posisie in… in terme van die reg tot vreedsame protes,” het hy gesê.

Kirby het hom nie uitgelaat oor die betogers wat gewelddadig geraak het nie.

By ten minste 14 universiteite is klasse kort voor die eindeksamen ontwrig. Aan die orde is ‘n voorgestelde 11,5% toename in onderrigfooie.

Polisie moes van skokgranate gebruik maak om honderde amokmakers wat die Parlement in Kaapstad wou binnestorm te keer.

Hulle wou die tussentydse begroting wat deur die Minister van Finansies, Nhlanhla Nene, voorgelees is, gaan ontwrig.

Die betogers het ‘n voorstel deur sommige studente-leiers en regeringsamptenare om verhogings te verminder tot 6% vir 2016 – die inflasiekoers – verwerp.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.