Vat die opstokers by universiteite vas!

Deel op

My dogter is ‘n derdejaarstudent by die Universiteit van Pretoria. Sy sal hierdie jaar haar B.Com voltooi.

Sy berei voor vir haar eksamen en sy moes Woensdag biblioteek toe gaan. Sy was in die biblioteek op die Hatfieldkampus, toe swart betogers haar letterlik hardhandig uitgeboender het “omdat sy nie mag studeer nie”.

Sy moes haar goedjies oppak en padgee uit die bib na die betogers se dreigemente van geweld teen haar.

Die paar wit gesigte wat Woensdagoggend opgedaag het om die swart skare te ondersteun wat Tukkies wil transformeer, is ook vertel hulle moet “voetsek” want die swart betogers soek nie wittes daar nie.

Ek wil net die universiteit se bestuur vra wanneer hulle gaan optree om hierdie moeilikmakers en opstokers vas te vat?

Is dit regverdig teenoor die oorgrote meerderheid van studente, wit en swart, wat graag hulle studies wil voltooi en ten duurste daarvoor betaal?

Hoekom moet hardwerkende en betalende studente gestraf word vir een of ander politieke speletjie en dit met die eindeksamen voor die deur? Dit is verregaande!

‘n Bekommerde Ma

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.