Xhosa-faksie kla oor ‘oormatige geweld’

Deel op

Die Hooggeregshof in die Wes-Kaap sal Donderdag ‘n dringende aansoek deur betogers van die Xhosa-faksie aanhoor om die polisie te verbied om “oormatige geweld”, en onder meer traanrook en skokgranate teen betogers te gebruik.

Die Wes-Kaapse Hooggeregshof is gelaai met Xhosa-simpatiseerders, volgens ontleders.

Tien mense het om ‘n dringende interdik teen die ministers van polisie en hoër onderwys, sowel as die speaker in die parlement aansoek gedoen.

Hulle voer aan die optrede van die polisie teen studente was “ongrondwetlik en onwettig”. Die klaers word deur die Regshulpsentrum bygestaan.

Massas betogers het by die parlement opgeruk om die werkinge te probeer ontwrig en daarop aangedring dat die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande hulle toespreek.

Hulle betoog teen verhogings in studiegeld volgende jaar.

Intussen beweer een amokmaker sy is buite die parlement “hardhandig” deur die polisie behandel.

Die onluste-eenheid van die polisie het skokstokke, knuppels en skokgranate gebruik om die Xhosa-belhamels uiteen te jaag.

Die betoger sê die polisie het haar aan haar hare getrek en hardhandig teen “vreedsame” betogers opgetree wat die parlementsgebou bestorm het.

Dit is nie seker hoekom die betoger meen sy het wettig gehandel deur ‘n verbode terrein te betree nie. Minstens ses betogers is volgens berigte in hegtenis geneem.

Die DA en EFF ondersteun die betogers.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.