Begrotingsyfers laat ekonome verward

Deel op

Die kans op belastingsverligting vir besighede en individue volgende Februarie lyk bitter skraal.

Dit is volgens ekonoom André Mellet en volg nadat die Minister van Finansies, Nhlanhla Nene, Woensdagmiddag in die parlement sy aansuiweringsbegroting ter tafel gelê het.

Volgens Mellet verskil die syfers wat Nene in sy Februarie begrotingsrede vanjaar verskaf het, hemelsbreed met díé wat hy vandag voorgelê het, met die inkomste wat hy voorsien R119 miljard laer as voorheen gaan wees.

Verder, sê Mellet, verskil sy beramings van uitgawes vir die huidige boekjaar met R105 miljard.

Mellet meen met dit alles inaggenome, sowel as die druk vanaf die regering om gratis onderwys te verskaf en die gesondheidsektor te finansier, is kanse op belastingsverligting volgende jaar hoogs onwaarskynlik.

R200 miljoen is opsygesit vir die regering se kernkragprogram omdat elektrisiteitsvoorsieningsprobleme die jaarlikse bruto nasionale produk tot een persentasiepunt aan groei kos, het die minister gesê.

Nene het gesê Medupi, wat reeds 800 MW aan die elektrisiteitsverskaffingsnetwerk voeg, het die druk intussen verlig.

Hy het gesê die tesourie en die departement van energie bekyk voorstelle en finansieringsopsies om bykomende kernkragkapasiteit te bou.

‘n Samewerkingsooreenkomste is vanjaar met onder meer Rusland se Rosatom gesluit vir kernaanlegte.

Wetgewing is nodig om voorsiening te maak vir die bestuur van staatsondernemings soos SAL wat in die moeilikheid is, het Nene gesê.

Die SAL moontlik eers oor 5 jaar winsgewend wees al word al die tesourie se huidige maatreëls om die lugdiens te verbeter suksesvol toegepas.

Die staat het ’n waarborg van R14,4 miljard aan SAL toegeken waarvan R11,4 miljard reeds opgebruik is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.