Xhosa-faksie hou presterende studente gyselaar

Deel op

‘n Ooreenkoms tussen visekanseliers en die Minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande, om klasgelde by universiteite regoor die land met net 6% te verhoog in stede van 10%, is deur studentebetogers verwerp.

Die klein groepie Xhosa-belhamels wat die instellings landwyd lamlê, het die 6% ooreenkoms verwerp en gesê hulle sal nie enige ‘n verhoging in 2016 aanvaar nie.

‘n Woordvoerder van die ANC sê die regering moet intens betrokke raak by die studente om die protes te voorkom.

In Kaapstad het die betogings gewelddadig geraak toe die polisie skokgranate en traanrook op amokmakers afgevuur het nadat hulle die parlement wou binnestorm.

Dertig studente is in hegtenis geneem, insluitend die seuns van die Universiteit van Kaapstad se visekanselier Max Price en ANC-staatmaker Frank Chikane.

Albei is van die Xhosa-faksie wat klaarblyklik nou ‘n aanslag teen Zoeloe-oorheersing beplan en sodoende die groot meerderheid studente wat vir hul eindeksamens voorberei, gyselaar hou.

Ingeligte bronne sê die meeste belhamels is akademiese wanpresteerders wat probeer om hul swak punte met protesaksie te verbloem, in die hoop dat hulle deurgesit sal word.

Terwyl die Xhosa-faksie die optrede van die polisie teen betogers Woensdag veroordeel het, het die polisie gesê hulle is “tevrede” met hul gedrag.

Betogers is vasbeslote dat die protesaksie sal voortgaan totdat daar aan hulle eise toegegee word. Die meeste universiteite bly gesluit tot groot nadeel van akademiese presteerders.

Om een of ander onverklaarbare rede het die visekanselier van Wits, Adam Habib, wat reeds ruim aangetoon het hoe hy nie opgewasse is om die probleme by sy instelling op te los nie, nou die voortou geneem in die openbaar om namens die belhamels en alle bestuur te onderhandel.

Dit blyk dat skoonmaakpersoneel by die Wits-universiteit ook deel vorm van die “studenteprotes”.

Die werkers sê omdat hulle nie deel is van die instelling se personeel nie, kom hulle kinders nie in aanmerking vir gratis klasse nie. Hulle werk vir privaatfirmas.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.