Franse minister ontplooi polisie teen migrante-misdaad

Deel op

Frankryk se minister van binnelandse sake het Derde Wêreld-migrante Woensdag in die hawestad van Calais belowe dat vroue en kinders verhitte tente in ‘n tydelike kamp gegee sal word teen die bitter koue.

Hy het ook verklaar dat die misdaadprobleem aangespreek sal word deur bykomende polisiebeamptes – sowat 1 125 van hulle – te ontplooi in Calais en die omliggende gebiede.

Migrante en vlugtelinge uit die horing van Afrika, die Midde-Ooste of Afghanistan probeer om Brittanje dmv vragmotors, veerbote of deur die Kanaaltonnel te bereik.

Die sogenaamde “Nuwe Oerwoud” is ‘n versameling plakkers, ​​wat ongeveer ‘n uur weg te voet van die sentrum van die noordelike Franse stad opgeskiet het.

Die Sosialiste verkeer onder druk omdat kiesers kla dat misdaad toegeneem het.

Die afgelope maande, het honderde migrante wat wil oorgaan na Brittanje, die plakkerskamp aansienlik laat uitbrei.

Sowat 6 000 mense woon in die plakkerskamp en met die heersende winterweer, vrees hulpgroepe dat toestande in die gebied verder sal versleg.

Minister Bernard Cazeneuve het Calais besoek vir die sewende keer sedert die migrantekrisis begin het, maar die onverkwiklike toestand toon geen teken van enige afname nie.

Benewens die bykomende polisie wat in die gebied ontplooi sal word, sal ‘n sentrum wat vroue en kinders huisves, verder vergroot word om 400 siele in te neem.

“In die tussentyd, sal verhitte tente opgerig word… teen die einde van die week,” het hy gesê, en belowe dat “geen vrou en geen kind sonder ‘n skuiling in hierdie stad sal bly nie”.

Net sowat 150 migrante per dag kon in Augustus onwettig na Engeland reis weens strenger veiligheidsmaatreëls om hulle uit te hou.

Baie migrante en vlugtelinge woon dus in die “Nuwe Oerwoud” ‘n krotbuurt van gevaarlike stegies besaai met tydelike skuilings wat uit afvalmateriaal opgerig is.

Vroeër hierdie week, het Calais se burgemeester Natacha Bouchart die vooruitsig van ‘n weermagontplooiing genoem, “omdat ons nie regtig weet wat daar aangaan nie”.

Bouchart het vroeër 12 miljoen Britse Pond van die Britse regering ontvang vir die migrantekrisis nadat sy gedreig het om die hawe te sluit, Britse grensbeheer op Franse grond af te skaf, die Verenigde Koninkryk se doeanebeamptes huis toe te stuur en 2000 migrante dadelik na Brittanje te laat reis.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.