Trudeau se oorwinning slegte nuus vir Amerikaanse Neo-Konserwatiewes

Deel op

Kanadese het ‘n einde aan die nege jaar lange bewind van eerste minister Stephen Harper se Konserwatiewe Party gemaak deur ‘n Liberale regering te verkies onder leiding van Justin Trudeau.

Justin is die seun van ’n charismatiese voormalige eerste minister Pierre Trudeau.

Meningsopnames Sondag het reeds aangedui dat die Liberales ’n hupstoot uit die derde plek gekry het en nou ’n sewe punt voorsprong op die konserwatiewes het.

Baie van Kanada se 26,4 miljoen geregistreerde kiesers moes ‘n politieke sirkus aanskou met kandidate wat hulself deurentyd deur hul belaglike manewales diskwalifiseer.

Die 43-jarige Trudeau hoop om die “Trudeau-manie” te laat herleef wat in 1968 die ou garde uit die kussings gelig het.

Justin Trudeau se oorwinning is slegte nuus vir Amerikaanse Neo-Konserwatiewes.

Trudeau het bevestig dat hy Kanadese vegvliegtuie sal onttrek van die lugaanvalle in Irak en Sirië teen die demokratiesverkose president al-Assad.

Hy het die Amerikaanse president Barack Obama van sy besluit ingelig slegs ure na oorwinning by die stembus.

As deel van sy verkiesingsveldtog, het Trudeau belowe om die CF-18 vegvliegtuie wat tot Maart 2016 ontplooi is, huistoe te bring.

Trudeau, wat gekant is teen die onafhanklikheidstrewe van Quebec, het ook die wettiging van dagga belowe.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.