Vermeende messteker glimlag breed by sy hofverskyning

Deel op

Die laggende bruinman Damian Adams wat die wit onderwyseres Lindie Bosch-Jansen die naweek volgens ooggetuies met ‘n mes doodgesteek het, het in die landdroshof in Warmbad (Bela-Bela) verskyn.

PRAAG het vroeër berig dat hy swart is, maar dit blyk dat Adams, 20, bruin is.

Die Pos, ’n plaaslike koerant, berig hy het verbande aan albei sy arms gehad.

Hy het beserings aan sy arms opgedoen toe hy oor ’n lemmetjiesdraad probeer vlug het na die moord.

Die vermoorde onderwyseres se handsak is in sy besit gevind.

Die moeder van Bosch-Jansen het nie Dinsdagoggend die hofverskyning van haar dogter se vermeende moordenaar bygewoon nie.

Anne O’Neill Hoffman sê sy is te getraumatiseer deur die gebeure.

Adams sal in aanhouding bly tot hy volgende week om borgtog sal aansoek doen.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.