VSA se oorgang na swart regering?

Image12:01:40 Die Amerikaanse presidensiële verkiesing van 2008 herinner mens aan nog 'n stemmery wat 16 jaar gelede in Suid-Afrika plaasgevind het: die referendum waarin blankes gestem het om die mag aan swartes te oorhandig. Hoewel dit reeds lankal oorskadu word deur die 1994-verkiesing wat die ANC aan die mag gebring het, was dit die referendum op 17 Maart 1992 wat blanke regering beëindig het.

Teen 1992 het president F.W. de Klerk en sy Nasionale Partyregering reeds alle tersaaklike apartheidswette herroep. Die verbod op die ANC is opgehef en mnr. De Klerk het samesprekings met mnr. Mandela begin oor 'n nuwe grondwet wat die stemreg na swartes sou uitbrei en tot "magsdeling" sou lei.

Andries Treurnicht en sy Konserwatiewe Party het die opposisie jeens die onderhandelings gelei en gesê dat die president oor geen mandaat beskik het om 'n nuwe grondwet te onderhandel nie. Mnr. De Klerk het besluit om die vraag aan die kieserspubliek te stel. Indien hy die referendum sou wen, sou hy voortgaan met sy nuwe grondwet; indien hy verloor, sou hy bedank en 'n nuwe algemene verkiesing uitroep.

Die referendum het die volgende vraag gestel: "Ondersteun u die voortsetting van die hervormingsproses wat deur die staatspresident op 2 Februarie 1990 begin is en wat gemik is op 'n nuwe grondwet deur onderhandeling?" (Dit was op 2 Februarie 1990 dat mnr. De Klerk die opheffing van die verbod op die ANC en mnr. Mandela sy vrylating uit die tronk aangekondig het.)

Die Nasionale Party – die tradisionele party van die Afrikaners – het 'n massiewe veldtog ten gunste van die "ja"-stem gevoer en gewaarsku dat 'n "nee"-stem meer internasionale sanksies en swart geweld sou beteken. Een van die NP se referendumplakkate het 'n gewapende lid van die Afrikanerweerstandsbeweging – 'n militante blanke organisasie – vertoon met die slagspreuk: "U kan dié man keer! Stem JA." Met ander woorde, die werklike bedreiging vir Suid-Afrika was 'n blanke man met 'n vuurwapen.

Die Konserwatiewe Party, wat hom vir 'n "nee"-stem beywyer het, het gewaarsku dat "magsdeling" net 'n ander woord vir swart regering was en dat blankes oor die reg en plig beskik het om hulself te regeer.

Hoe het die volk van die Groot Trek, die Slag van Bloedrivier en die Tweede Vryheidsoorlog gestem? Hulle het internasionale isolasie meer as swart regering gevrees; blankes het met 68 teen 31 persent vir die "voortsetting van die hervormingsposes" gestem. Dit was ook nie 'n besluit wat op Afrikaners deur Engelssprekendes afgedwing is nie. Hoewel sekere militante groepe die referendum geboikot het, stem alle verkiesingsontleders saam dat 'n meerderheid Afrikaners "ja" gestem het, en sommige glo selfs dat daar meer ondersteuning onder Afrikaners as Britse Suid-Afrikaners was. Blankes het dus die geleentheid gehad om hul land te behou, maar het dit weggegee. Daar die stem het die ANC se oorwinning in 1994 verseker en alles wat sedertdien gevolg het.

Amerikaanse blankes is nie heeltemal so gretig soos die Suid-Afrikaners was nie. In die verkiesing op 4 November het 43 persent ten gunste van swart regering – verskoning, Barack Obama – gestem. Vyf-en-vyftig persent van blankes wou John McCain as hul president gehad het, maar dit was die swartes en gekleurde Spaanssprekendes wat die president gekry het wat hulle wou gehad het, nie die blankes nie. Elke jaar, soos wat die aantal nie-blankes toeneem, gaan blankes minder van 'n sê hê oor wie hulle regeer.

Heeltemal afgesien van politiek of kwessies rondom bekwaamheid of ervaring, verteenwoordig die verkiesing van 'n president wat die meeste blankes nie wou hê nie 'n aardskuddende simbool van verlore outonomie. Indien hul getalle voortgaan om te daal, gaan blankes nie die skole, die woonbuurte, die kultuur – en uiteindelik, die land – ontvang wat hulle wil hê nie.

Dalk is dit omdat blankes 'n verlaagde status oor hulself gebring het dat daar van ons verwag word om trots daarop te wees eerder as wat ons behoort te veg om dit om te keer. Soos Paul Krugman baie sinvol in die New York Times verduidelik het: "Indien die verkiesing van ons eerste Afro-Amerikaanse president jou nie ontroer het nie, as dit jou nie met trane in jou oë en trots op jou land gelaat het nie, dan is daar iets fout met jou." Dit beteken dat daar iets fout is met minstens 55 persent van blankes, maar só sê die New York Times al jare lank.

Mnr. Krugman se blydskap oor mnr. Obama se oorwinning is deur blankes regoor die wêreld gedeel. "Ons het veel hoop dat ons op die vooraand van 'n nuwe tydvak verkeer," het die Noorweegse dagblad Aftenposten geskryf. "'n Groot sprong vir die mensdom" het die voorblad van England se Sun-koerant gelui. 'n Hoofopskrif van die Londense Telegraph-webwerf het verklaar: "Barack Obama-oorwinning laat Brittanje weer van Amerika hou." The Times het sy verkiesingsberig redelik beskeie getitel: "Die nuwe wêreld." Die eerste minister van Kanada, Stephen Harper, het verwys na mnr. Obama se "geweldige, historiese" oorwinning en die Toronto Sun het het dit genoem: "'n geskiedkundige mylpaal soos geen ander". Le Monde in Parys het opgemerk dat "van Links na Regs, het Franse politici met mekaar meegeding vir oortreffende naamwoorde waarmee die verkiesing van Barack Obama beskryf kon word." Milaan se Corriere della Sera het geskryf dat "mnr. Obama die man is wat Amerika van ineenstorting kan red".

Die koor van blydskap vertoon 'n grillige ooreenkoms met die manier waarop die wêreld se blankes swart regering in Suid-Afrika verwelkom het. In 1993 het mnr. Mandela en mnr. De Klerk die Nobelprys vir vrede gedeel vir hul nuwe "magsdelende" grondwet. Mary McGregory van die Washington Post het effens meer as die meeste rubriekskrywers geswymel toe sy op 12 Mei 1994 in haar rubriek geskryf het: "Nelson Mandela het dít gewen wat die (Washington) Post  'een van die geskiedenis se soetse oorwinnings oor rasseoorheersing' genoem het en hy gaan dit skoon en pragtig hou sodat koerantlesers sou dink dat hulle skrifgedeeltes lees as hulle berigte uit Suid-Afrika lees wat mens nie sonder trane in jou oë kan lees nie."

Veertien jaar later – net 14 jaar later – is enigeen besig om te heroorweeg? Onder blanke regering het Suid-Afrika konstant geklim in die VN se Menslikeontwikkelingsindeks. Tydens die eerste jaar van swart regering het die land omgeswaai en het sedertdien gedaal. Suid-Afrika is nie meer in staat om akkurate misdaadstatistieke by te hou nie, maar dit is sonder twyfel een van die gevaarlikste plekke op aarde. Elkeen wat kan, woon in 'n privaatfort en motorkapings is so algemeen dat dit as onbedagsaam beskou word om ná donker by 'n verkeerslig stil te hou. Amazon.com beperk versending na Suid-Afrika omdat poskantoorwerkers soveel pakkies steel. Interpol berig dat Suid-Afrika oor die hoogste verkragtingsyfer ter wêreld beskik – en die hoogste Vigskoers. Omtrent 'n vyfde van Suid-Afrikaanse mans erken dat hulle al 'n vrou verkrag het en 'n beraamde 35 persent van die weermag ly aan Vigs. Rassevoorkeur vir swartes is so meedoënloos dat omtrent 50 persent van blanke mans vir hulself werk en byna 'n miljoen blanke geëmigreer het, met die meeste wat misdaad en rassevoorkeur daarvoor blameer.

Waarskynlik sou selfs Mary McGregory nie dink dat dit soos die Boek van Mattheus klink nie. En wat van mnr. De Klerk? Sou hy nie 'n honderd Nobelvredespryse verruil vir 'n land waarin sy kleinkinders veilig en trots kon wees nie?

Natuurlik is ons verkiesing anders as die Suid-Afrikaanse referendum maar die uitwerking is dieselfde: Blankes plaas hul lot in die hande van ander. Die Suid-Afrikaners het dit skielik gedoen; ons doen dit geleidelik.

Laat ons hoop dat blankes regoor die wêreld hul koerante van 5 November 2008 sal bewaar, met hul buitensporige opskrifte en vergesogte verwagtinge. Laat hulle daardie koerante 10 tot 15 jaar van nou af weer lees – en laat hulle aan Suid-Afrika dink.

Jared Taylor is redakteur van American Renaissance en 'n kampvegter vir blanke belange in die VSA.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.