Onluste-polisie storm admingebou van US

Deel op

‘n Groep van meer as 50 studente van die Universiteit van Stellenbosch ‘n interdik verontagsaam wat deur ‘n balju van die hof Dinsdagoggend aan hulle oorhandig is.

Betogers het die glas van die universiteit se Admin B-gebou se ingang gebreek en skares studente het buite saamgedrom. ‘n Menseketting is vir ‘n ruk voor die ingang gevorm.

Gerugte van een beseerde is op Twitter versprei, maar kon nie bevestig word nie.

Betogers het die admin-gebou intussen herdoop na “Winnie Mandela House”. Die Universiteit het vroeër ‘n hofbevel bekom teen ‘n betoging op die kampus.

Die Admin B-gebou se besetters het verbygangers toegesnou: “Fok julle en fok die polisie. Hulle het julle in Marikana gebruik om ons pa’s dood te maak!”

Dit is nie ‘n “fokken dieretuin” nie, het betoger ook skree toe groepe studente kom kyk het hoe die besetting ontvou. Betogers het ook geskree dat hulle “wit suprematisme” gaan beëindig.

Swart onluste-polisie monitor van vanoggend af die gespanne situasie by die universiteit waar die betogers die gebou beset.

Hulle het intussen ingestorm om die gebou te ontset onder luide veroordeling van die betogers wat geskree het “Dis nie onluste nie!”

Sommige studente was in die gebou toegesluit waar veiligheidspersoneel toesig gehou het. Die studente betoog glo teen die voorgestelde verhoging in klasfooie.

Betogers van die Universiteit van Kaapstad het na verskeie koshuise op die kampus beweeg om werkers wat uitgekontrakteer is, te dwing om hulle poste te verlaat.

By Rochesterkoshuis het betogers binnegestorm om die kos te “nasionaliseer” en hulself gehelp aan die middagete.

Hulle het daarna hul opmars na die strate van die Kaapstad se voorstede voortgesit.

Die werkers sluit veiligheidswagte en skoonmakers in. Die studente eis dat die universiteit die gebruik van privaatmaatskappye op die kampus moet staak.

Klasse is weer opgeskort en die universiteit het ‘n hofbevel gekry om die betogers te verbied om gewone bedrywighede op die kampus te ontwrig.

Intussen sê betogende mediese studente by die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg hulle protesoptrede raak nie noodsaaklike dienste by die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal nie.

Die betogers het intussen na die strate van Johannesburg uitgebrei waar verkeer vir die tweede dag ontwrig word.

Die betogers sê hulle verwag slegs van studente om aan die betoging deel te neem, en dat dokters en mediese personeel beskerm sal word.

Die studente betoog oor ‘n voorgestelde verhoging in klasgelde. Baie van die mediese studente was veronderstel om vandag eksamen te skryf.

Protes het voortgegaan by Wits asook Rhodes universiteite. Klasse by die drie universiteite is opgeskort vir nog ‘n opeenvolgende dag.

Protes het ook begin by Fort Hare-universiteit in die Oos-Kaap.

Protes sal ook Woensdag by Tuks Universiteit in Pretoria begin.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.