Groeiende hoeveelheid Amerikaners trek swaar

Deel op

Die probleme in die Amerikaanse ekonomie veroorsaak dat al hoe meer Amerikaners bankrot verklaar word, en nou ook met baie meer skuld as wat mense met vorige dalings in die ekonomie gehad het.

Deel op

Dalende huiswaardes, krimpende inkomstes en die verdwyning van krediet blyk 'n sterk mengsel te wees. Die gewone redes wat lei tot bankrotskap, verlies van werk, mediese rekeninge en egskeiding word steeds as belangrik beskou, maar nou maak die sukkelende ekonomie ook dat mense swaarder trek om die taai tye deur te kom.

Die getal persoonlike bankrotskappe wat aangemeld is in Oktober is met amper 8 % op vanaf September, nadat dit konstant gestyg het in die laaste twee jaar, het 'n maatskappy wat bankrotskappe bestuur en data versamel, gesê.

108 595 Bankrotskappe is aangemeld, die eerste keer oor die 100 000 merk, selfs nadat wetgewing wat dit moeiliker gemaak het en ook twee keer so duur gemaak het om bankrot verklaar te word in 2005 in werking getree het. Dit toon op 'n gemiddeld van 4936 bankrotskappe per dag wat elke dag verlede maand verklaar is, dit is 'n styging van byna 34 % vanaf Oktober 2007.

компрессор со 7атопкарго отзыв

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.