EU wil druk op Turkye plaas om migrantestroom te beperk

Deel op

Leiers van die Euro­pese Unie (EU) het vergader om druk op Turkye uit te oefen om die toestroming van migrante na Europa te beperk.

Die Duitse kanselier, Angela Merkel, het gesê dit is “onaanvaarbaar” dat die kort seeroete na Griekeland deur mensesmokkelaars beheer word.

Die beraad in Brussel sal fokus op ’n ooreenkoms met Turkye waarin dié land onderneem om die vloedgolf van mense wat uit die oorloggeteisterde gebiede in die Midde-Ooste en Noord-­Afrika daarheen stroom om weer elders ’n heenkome te soek, stop te sit.

Nagenoeg 600 000 mense het reeds vanjaar die Middellandse See oorgesteek.

“Ons kan nie die vlugtelingstroom beheer of organiseer as ons nie die samewerking van Turkye het nie,” het Merkel gesê terwyl sy Europa versoek het om saam te staan in sy ergste migrantekrisis sedert die Tweede Wêreld­oorlog.

“Europa moet nou solidariteit toon; enigiets anders sal ’n mislukkig wees,” het sy gewaar­sku. Merkel sal Turkye dié naweek besoek as deel van ’n Europese diplomatieke offensief wat op Ankara gemik is.

Terwyl leiers vergader het, het ’n boot met migrante naby die Griekse eiland Lesbos teen ’n Griekse reddingsboot gebots en agt migrante word vermis.

Dié eiland is tans die toegangsroete vir een uit elke vyf migrante wat hul toevlug tot Europa neem.

Kroasië het intussen gesê meer as 4 800 fortuinsoekers het die land Woensdag binnegekom, wat die totale getal na dié EU-lidland op 175 000 te staan bring.

Die EU-beraad sal druk uitoefen vir die ­voorgenome aksieplan met Turkye, waarheen meer as 2 miljoen sogenaamde Siriese vlugtelinge, waarskynlik ISIS-rekrute, reeds gestroom het.

Dié kwessie is verlede week al in gesprekke met pres. Recep Tayyip Erdogan aangeroer.

Die EU se visepresident, Frans Timmermans, en ander senior amptenare het Woensdag in Turkye aangekom om regeringslui oor die voorgenome plan in te lig en hul onderneming vir steun te kry.

Die span sou vroeër gegaan het, maar moes die besoek weens die selfmoord-bomaanvalle die naweek in Ankara uitstel.

Donald Tusk, president van die Europese Raad wat die beraad in Brussel lei, sê egter dit lyk asof dit “moeilik” is om Turkye se instemming hiervoor kry.

Hy het tydens ’n nuuskonferensie voor die beraad aan joernaliste gesê Europa moet seker wees Turkye se reaksie op sy aanbod sal net so konkreet en substan­sieel wees.

“Die belangrikste nou is Turkye se samewerking om die vloedgolf van vlugtelinge te stop, veral omdat ons vrees die volgende golf gaan selfs nog groter wees as nou,” het hy gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.