Nuwe hospitaal ‘n wit olifant

Deel op

Die splinternuwe R380 miljoen se Albert Nzula-hospitaal op Trompsburg is ‘n wit olifant sedert dit klaar gebou is, omdat die projek se rioolwerke nie reg beplan is nie.

Dit is deel van die Xhariep Distriksmunisipaliteit en moes in September geopen word.

Dié hospitaal sou die padsterftesyfer op die N1 glo verminder het omdat ongelukslagoffers “nader” aan sorg is, het die Vrystaatse LUR Sisi Mabe vroeër gesê.

Die Vrystaatse departement van openbare werke het vandag tydens ‘n mediakonferensie erken dat die hospitaal, wat reeds verlede jaar voltooi is, in onbruik staan omdat die hospitaal se rioolwerkstelsel verskil van dié van die plaaslike munisipaliteit.

Die departement sê die kapasiteit van die hospitaal se stelsel is veel groter as dié van die munisipaliteit.

‘n Jaar later is die munisipaliteit nou besig om sy stelsel op te gradeer om die hospitaal te akkommodeer. Die hospitaal word as een van die departement van openbare werke se vlagskipprojekte gelys.

Die projek sluit ook ‘n lykshuis, behuising vir hospitaalpersoneel en padwerke in.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.