‘Pukke moeg vir politiekery’

Deel op

Die huidige onrustigheid in die tersiêre onderwyssektor is wat gelei het tot die totstandkoming van “NWU-Pukke Breek die Stilte”, ‘n groep studente wat die belange van die Noordwes-Universiteit Potchefstroomkampus op die hart dra.

Dit is volgens SR-voorsitter, Paul Maritz, wat vanoggend ‘n nuusverklaring uitgereik het waarin hy onder meer sê dat studente op die Potchefstroomkampus “moeg is vir politiekery” en “vals beskuldigings van rassisme” asook “onderdrukking onder die vaandel van transformasie”.

Dit volg nadat ‘n ander groep, Reform PUK, verlede week ‘n memorandum van griewe aan visekanselier Dan Kgwadi oorhandig het waar hulle onder meer die behoefte aan transformasie op die kampus beklemtoon.

Maritz sê studente sal Vrydag in die Sanlam-ouditorium op kampus geleentheid kry om hul menings rondom hierdie en ander sake te lug.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.