Dogter van Zim minister dood aangetref

Deel op

Die Suid-Afrikaanse polisie ondersoek die moord op die dogter van Zimbabwe se minister en Mugabe-vertroueling, Jonathan Moyo.

Moyo se dogter is dood aangetref Saterdagoggend in haar woonstel. Sy was ‘n student aan die Universiteit van Kaapstad.

Zanele Naledi Ntombizodwa Moyo, wat 20 was, is dood aangetref in haar woonstel in Rosebank, naby die universiteit.

Sy het studeer vir ‘n graad in politieke wetenskap, internasionale betrekkinge en genderstudies.

Minister Moyo het die nuus op Twitter bekendgemaak en haar beskryf as ‘n “engel”. Hy het geskryf: “God se mense, my engel dogter Zanele is nie meer nie.”

Hy is in kennis gestel deur sy volgelinge tydens ‘n lesing by die Nasionale Universiteit van Wetenskap en Tegnologie in Bulawayo.

Simiso Mlevu, woordvoerder van die gesin, het gesê ‘n nadoodse ondersoek en ondersoeke is tans aan die gang om die oorsaak van haar dood te bepaal.

Bloed het uit haar neus geloop en sy het glo ‘n kopwond gehad, volgens polisiebronne.

Moyo, wat aangekla is van bedrog in 1993, is daarvan beskuldig dat hy $88 000 gesteel het toe hy die programdirekteur van die Ford Foundation in Kenia was.

In 1998, terwyl hy in Suid-Afrika by die Universiteit van die Witwatersrand was, waar hy besig was met ‘n projek geborg deur die Amerikaanse WK Kellogg-stigting, het die universiteit beweer dat hy weggeloop het met deel van die R100 miljoen se navorsingstoekenning.

Hy ontken beide bewerings.

Sy deelname aan beweerde korrupsie het weer opgeduik in 2011 toe hy die Daily News gedagvaar het oor twee berigte uit WikiLeaks waarin hy genoem word.

Die koerant het berig hoe Moyo glo die Verenigde State aangeraai het om “positiewe seine” te stuur aan Zanu-PF voor die 2008-verkiesing.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.