Lesings by Wits opgeskort

Deel op

Lesings sal nie Maandag by die Universiteit van die Witwatersrand voortgaan nie, nadat betogings oor hoër klasgelde en bestuursonvermoë die instelling verlede week lamgelê het.

Wits se woordvoerder Shirona Patel het bevestig dat alle akademiese aktiwiteite opgeskort bly om die universiteit se raadsverslag by ‘n vergadering voor te lê en oor die aangeleentheid oorleg te pleeg.

Patel het gesê die raad het Sondag onderneem om die 10,5%-verhoging in fooie te laat vaar en hulle sal Maandagmiddag met studente-leiers vergader om terug te rapporteer oor die vergadering.

Meer as 100 Witsstudente was Sondag in Senate House saamgetrek om hul agenda vir die Maandagvergadering te bespreek, het die SR-voorsitter Nompendulo Mkatshwa gesê.

In ‘n verklaring het Wits ook gesê geen dissiplinêre stappe sal geneem word teen studente of werkers wat deelgeneem het aan die protes nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.