Wêreldbank weier om Hitachi-tender te ondersoek

Deel op

Die Wêreldbank het Dinsdag verklaar dat daar geen verdere ondersoek sal wees na die omstrede­ Hitachi-tender nie.

Die Japannese maatskappy Hitachi Power Europe het glo geld aan Chancellor House betaal in ruil vir politieke invloed in die toekenning van staatskontrakte.

Chancellor House is ‘n frontmaatskappy van die ANC.

Die DA het die klag ingedien omdat die bank in 2010 lenings aan Suid-Afrika toegestaan het vir die bou van die kragstasies.­

Maar Guang Zhe Chen, Wêreldbank-direkteur vir Suid-Afrika, het in ’n verklaring gesê volgens die bank se Integriteit-eenheid was geen Wêreldbank-geld betrokke nie.

“Omdat geen Wêreldbank-geld by die Hitachi-kontrak betrokke was nie, is ’n ondersoek na die kontrak nie nodig nie.”

Adv. Leonard McCarthy, voormalige hoof van die Skerpioene is tans visepresident van die Bank se Integriteit-eenheid. Sy kantoor het die klag van die hand gewys.

Die eenheid ondersoek bewerings van bedrog en korrupsie met Wêreldbank-projekte.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.