Katolieke kla oor Valke-korrupsie

Deel op

Die hoof van die Valke, Mthandazo Ntlemeza, het Donderdag onderneem om eers in sy eie organisasie korrupsie uit te roei voor die publiek aan die beurt kom.

Hy het nogtans gewaarsku dat die Valke misdadigers dophou.

Ntlemeza het verwys na twee lede van die Valke in Welkom wat onlangs in hegtenis geneem is nadat gesteelde geld in hul besit gevind is.

Hy sê hulle kan nie net op die breë samelewing fokus nie, maar moet ook misdaad binne-in hul organisasie hokslaan.

Ntlemeza was Donderdag in Bloemfontein om met sy provinsiale span te vergader en die pad vorentoe te bespreek.

In Mei vanjaar, het die minister van polisie Nkosinathi Nhleko ‘n taakspan aangestel ter bevordering van die onafhanklikheid van die Valke.

Die taakspan is tot April 2016 gegee vir die voltooiing van institusionele hervorming van die Valke.

Die uitvoering van ‘n besluit van die Konstitusionele Hof vir doeltreffende maatreëls om die onafhanklikheid van die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) te verbeter, is intussen deur die Katolieke Kerk gekritiseer.

Die Suider-Afrikaanse Katolieke Biskoppekonferensie (SACBC) het reeds optogte teen korrupsie in Kaapstad en Pretoria gehou, en die regering se erns om korrupsie te bekamp, bevraagteken.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.