MH17-verslag vrygestel

Deel op

Die verslag oor Vlug MH17 van die Maleisiese lugdiens, wat verlede jaar neergestort en die dood van 298 mense veroorsaak het nadat dit neergeskiet is deur ‘n Buk-missiel, is dié week vrygestel maar dit is nie bekend wie die missiel afgevuur het nie.

Só het Tjibbe Joustra, ‘n Nederlandse militêre inligtingsoffisier, by die bekendmaking van die Nederlandse Ondersoekverslag die week verklaar.

Nederland het die ondersoek gelei omdat die meeste van die slagoffers Nederlanders was.

Joernaliste kon geen vrae aan Joustra stel oor die bevindinge nie. Kwelvrae oor die afwesigheid van lugfoto’s wat die ligging van die missielstelsel sou kon opklaar, is dus nie toegelaat nie.

Die vliegtuig wat van Amsterdam na Kuala Lumpur op pad was, is afgeskiet in ‘n lugruim wat veronderstel was om gesluit te wees.

Die plofkop het omtrent ’n meter van die stuurkajuit ontsteek en honderde stukke metaal losgeruk wat die Boeing 777 laat opbreek het, het Joustra, gesê.

Die missiel is van binne ’n gebied van 320 km² afgevuur in die ooste van die Oekraïne, het Joustra gesê, maar die Oekraïne moes die lugruim bo die oorlogsone gesluit het.

Op 17 Julie, die dag van die voorval, het daar 160 vliegtuie oor dié gebied gevlieg.

Hy het nie tydens die perskonferensie enige aanduiding gegee of die missiel deur Russies-­gesinde rebelle of regeringsmagte afgevuur is nie.

Almaz-Antey, die Russiese vervaardiger van die Buk missielstelsel, sê die missiel is afgevuur vanaf Zarosjtjenskoje, ‘n nedersetting suid 7 kilometer Sjakhtorsk, wat beheer was deur die Oekraïense weermag.

Almaz-Antey het hul teleurstelling uitgespreek dat die Nederlandse ondersoekspan nie kennis geneem het van die skrapnelpatroon van die missiel nie wat daarop dui dat selfs NAVO-lande oor sulke wapens beskik.

Daar is nog tot twee weke gelede wrakstukke opgetel en nog stukke kan in die toekoms gevind word, hoewel dit nie die raad se bevindings sal verander nie, het Joustra gesê.

Die rekonstruksie van die vliegtuig met dele wat op die toneel gekry is, was “gekompliseerd” omdat die wrakstukke in ‘n oorlogsgebied bymekaargemaak moes word, het hy verduidelik.

Volgens hom was die doel van die ondersoek nie om iemand vir die voorval te blameer nie, want die voorval word ook strafregtelik deur Nederland ondersoek.

Die kwessie rakende is die skuldige party is sentraal tot die ondersoek aangesien die EU sanksies teen Rusland gestem nog voor daar vasgestel is wie verantwoordelik gehou moet word vir die afskiet van die passasierstraler.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.