PUK se vise-kanselier moedig belhamels aan om te veg teen Afrikaans

Deel op

‘n Klag van aanhitsing tot geweld is by die polisie ingedien teen die swart vise-kanselier van die Noordwes Universiteit

Dan Kgwadi het glo aan studente tydens ‘n openbare vergadering gesê om te veg.

Die universiteit sê sy woorde “Ek moedig julle aan om te veg” [I’m encouraging you to fight] is verkeerd geïnterpreteer.

Kgwadi het Dinsdag met studente van die Reform PUK vergader.

Die woordvoerder vir Afriforum Jeug, Ian Cameron beweer Kgwadi het studente aangemoedig om te veg, nadat hulle blykbaar geëis het dat daar weggedoen word met Afrikaans en ‘n standbeeld op die Potchefstroom-kampus.

Cameron sê Kgwadi se politieke agenda veroorsaak rassespanning op die kampus.

Kgwadi se woordvoerder, Johannes Froneman sê dit is onverantwoordelik om Kgwadi se woorde te interpreteer as aanmoediging om geweld te pleeg.

Die universiteit sê Kgwadi het studente aangemoedig om standpunt in te neem, met mekaar te praat en te probeer verstaan, en hul vir geregtigheid te beywer.

Volgens Froneman is Kgwadi hoegenaamd nie onpartydig nie want hy is teen die reste van “ou en nuwe apartheid” omdat hy “inklusiwiteit en maatskaplike geregtigheid” wil bevorder.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.