Merkel se steun neem af

Deel op

Kanselier Angela Merkel se gewildheid is besig om te taan weens haar tegemoetkomende houding teenoor die instroming van Moslemimmigrante.

Horst Seehofer, die leier van die Beierse sustersparty van die CDU, stamp reeds ’n geruime tyd koppe met Merkel oor hoe Duitsland die invloei van hoofsaaklik jong mans moet behartig.

Terwyl Merkel ’n oopdeurbeleid voorstaan en daarop aandring dat Duitsland dit sal kan behartig, het Seehofer, die premier van Bavaria, wat die eerste toegangspunt vir baie migrante in Duitsland is, gedreig dat sy staat die federale regering hof toe sal sleep om die aantal asielsoekers te beperk.

Duitsland is ’n gunsteling bestemming vir migrante van oral wat beweer dat hulle uit lande in die oorloggeteisterde Sirië in die Midde-Ooste vlug, asook Siriërs self.

Ontleders meen Merkel probeer ISIS-militante beskerm deur Duitsland se deure vir hulle oop te gooi nadat Rusland aangekondig het dat hulle sal optree teen ISIS in Sirië.

Dit het daartoe gelei dat die sogenaamde Forsa-meningsopname, wat die week vrygestel is, aantoon dat steun vir die konserwatiewes met een persentasiepunt tot 38 persent geval het.

Die persentasie kiesers wat nie op een van die partye kan besluit nie, het ook met een persentasiepunt gestyg en staan nou op 34 persent.

“Die dispuut tussen Seehofer en Merkel irriteer sommige konserwatiewe ondersteuners, maar hulle beweeg nie na ander partye nie. Hulle dui eerder aan dat hul nie kan kies nie,” het die hoof van Forsa, Manfred Guellner, gesê.

Die Groen-party het 10 persent steun, een persent meer as verlede week, en steun vir die ander partye het konstant gebly. Steun vir die Sosiale Demokrate (SPD), die junior koalisievennoot van Merkel se konserwatiewes, bly op 25 persent en die verlinkse Linke-party bly op nege persent.

Die regse Alternatief vir ­Duitsland-party (AfD), wat eis dat ­immigrante weggewys word, se steun in Beiere, wat aan Oostenryk grens van waar die meeste migrante Duitsland binnestroom, geniet nege persent steun en in die ooste van Duitsland steun 13 persent.

Merkel se persoonlike gewildheid het ook afgeneem. Die volgende federale verkiesing vind in 2017 plaas.

Na verwagting sal tussen 800 000 en ’n miljoen asielsoekers vanjaar in Duitsland aankom.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.