Twee mortiere land op Russiese ambassade in Damaskus

Deel op

Twee mortiere het Dinsdag die Russiese ambassade in Da­maskus getref en paniek gesaai onder honderde mense wat daar byeengekom het om hul steun vir Moskou se lugaanvalle in Sirië te betuig.

Volgens ooggetuies het ongeveer 300 mense buite die Russiese ambassade vergader om Rusland te bedank vir die onlangse ingryping in die oorlog in Sirië, toe die mortiere die ambassade­gebou in die Mazraa-woonbuurt in die hoofstad getref het.

’n Ooggetuie buite die ambassade het aan Associated Press gesê toe die eerste mortier die ambassade tref, het rook uit die gebou begin borrel. Mense het op die vlug geslaan midde wydverspreide paniek.

Terwyl mense besig was om weg te hardloop, het die tweede mortier die ambassade getref. Daar was nie enige ongevalle nie, maar talle is beseer.

Die sogenaamde “rebelle”, wat eintlik internasionale terroriste is, het in die woonbuurte van die hoofstad in die verlede die ambassade geteiken, maar dit was aanvanklik nie duidelik of Dinsdag se aanval gemik was teen die ambassade of die skare wat buite vergader het nie.

Rusland het op 30 September met lugaanvalle in Sirië begin. Rusland hou vol dit is teen terroriste van die Islamitiese Staat-groep gemik.

Die Amerikaans-geleide koalisie voer egter aan dat Rusland “gematigde” terroriste teiken wat teen die bewind van pres. Bashar Assad veg.

Die Russiese minister van Buitelandse Sake, Sergei Lawrof, het die aanval as ‘n terreurdaad beskryf teen diegene wat terrorisme beveg.

Die aanval kom te midde van die Russiese lugveldtog se suksesse teen ISIS-terroriste.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.