Nigeri? se nuwe leier

Deel op

Image

Umaru Yar’Adua

Umaru Yar’Adua is die nuwe president van Nigerië. Die Nigeriese verkiesingskommissie het die omstrede aankondiging gister gemaak. Dit volg op ’n verkiesing wat gekenmerk is deur verskeie insidente van swak logistiek, bedrog en geweld. Selfs Olusegun Obasanjo, die uittredende president en beskermheer van Yar’Adua, het erken dat die verkiesing nie glad verloop het nie.

Yar’Adua het gister ’n beroep gedoen op Nigeriërs om te verenig en gevra dat mense van hulle verskille vergeet. Die opposisie het egter gedreig om die verkiesingsuitslag in die hof te beveg en bykans alle waarnemersendings het die verkiesing gekritiseer.
Deel op

Yar’Adua is die 55-jarige goewerneur van een van Nigerië se noordelike state, waar Koran-gebaseerde wetgewing geld. Hy word as een van die min goewerneurs gesien wat hom nie aan korrupsie skuldig maak nie. Volgens die verkiesingskommissie het die nuwe president 24.6 miljoen stemme op hom verenig. Hy het onderneem om korrupsie uit te roei. Volgens verlede jaar se verslag van Transparency International verskyn Nigerië in posisie 142 (uit 163) op die lys van mees korrupte lande.

Volgens sy teëstaanders is Yar-Adua egter siek: hy ly aan ’n ernstige nierkwaal en is onlangs in die geheim in Duitsland hiervoor behandel.

укладка ламината цена за м2Данильченко Юрий прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.