Wits-betogers dreig met geweld oor klasgeld

Deel op

Studente by die Universiteit van die Witwatersrand het Woensdagaand gewelddadig geraak tydens ‘n betoging oor klasgelde.

Die bestuur van die universiteit het gedreig om die polisie in te roep as orde nie herstel word nie.

Prof. Adam Habib, vise-kanselier het voorheen gepleit vir groter staatsubsidies om die verhoging in klasgelde te verhoed.

Maar Mcebo Dlamini, geskorste SR-voorsitter, het gesê hulle sal Wits onregeerbaar maak totdat Habib toegee.

Klasse en toetse is Woensdagoggend opgeskort toe nadat betogers alle uitgange versper het en geweier het om studente en personeellede deur te laat.

Studente het Woensdag handgemeen geraak en mekaar vulgariteite toegesnou. ‘n Paar betogers is beseer toe ‘n ongeduldige student in hulle vasgery het met sy motorfiets omdat hulle hom nie wou deurlaat nie.

Die studenteraad sê die universiteitsbestuur is deel van die “onderdrukkende stelsel en ons gaan nie toekyk hoe die finan­siële uitsluiting van studente wat moontlik kan slaag, uitgesluit word nie”.

Wits se uitvoerende komitee het vroeër Woensdag in ’n verklaring gesê dit is onaanvaarbaar ‘n klein groep betogers die res as gyselaar aanhou.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.