Ivoorkus se verbod op velbleikmiddels afgelag

Deel op

‘n Groot en groeiende swart bevolking van “tchatchos”, ‘n onvertaalbare term in die Ivoorkus vir mense wat hul donker velle met produkte soos Fair and White, Glow en Nature White bleik, sê hulle sal aanhou ondanks ‘n verbod.

Die Ivoorkus se regering het vroeër hierdie jaar met goeie bedoelings velbleikmiddels verbied, maar swart verbruikers ignoreer dit.

“Hierdie skoonheidsmiddels en persoonlike sorg produkte word reguleer om die Ivoorkus teen depigmentasie te beskerm, een van die grootste oorsake van die vernietiging van hul gesondheid,” het die minister van Gesondheid Raymonde Goudou gesê.

Hoewel geen amptelike getalle beskikbaar is oor die Ivoorkus se tchatchos nie, is Wes-Afrika maar een van die plekke regoor die wêreld waar donker mense droom van ‘n ligte vel.

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie, bleik sowat 75 persent van Nigeriese vroue, 27 persent van Senegalese vroue en 33 persent van Suid-Afrikaanse vroue gereeld hul velle. In Indië, is meer as die helfte van alle kosmetiese produkte wat verkoop word, velbleikmiddels.

Sulke middels bevat potensiële karsinogene wat onder meer gebruik word om swart-en-wit foto’s te ontwikkel.

Van die middels inhibeer ook die produksie van melanien, die pigment wat mense se vel donkerder laat vertoon.

“Hierdie produkte gee nie ‘n ligter vel nie, maar brand eerder die eerste epidermale laag van die vel af,” het ‘n dermatoloog gewaarsku. Dit word in die Europese Unie verbied.

Die middels werk nie op voete, bene en elmboë nie, wat dit maklik maak om tchatchos raak te sien.

Verbruikers kla van migraine, hoë bloeddruk en velkanker.

Die groot vraag na velbleikmiddels in Wes-Afrika is te wyte aan die wydverspreide geloof dat donker velle vuil is.

By ‘n skoonheidsalon in Abidjan het swart vroue gesê hulle blameer mans wat meer van ligter vroue hou, maar mans sê weer vroue word beïnvloed deur die vermaaklikheidsbedryf.

“Vroue doen dit, want dit is wat mans wil hê,” sê ‘n eienares van ‘n skoonheidsalon. “Hier in die Ivoorkus, wil elke vrou gesien word as pragtig deur mans met die hoop om te kan trou.”

Sy het bygevoeg: “As jy nie die reguit hare het nie, en wat mans dink ‘n mooi vel is nie, sal hulle jou laat weet hulle soek elders. Ek het baie aanstaande bruide wat na my kom vir bleikmiddels om hul velle ligter te maak voor hul troue.”

Sy het bygevoeg dat die verbod op velbleikmiddels niks beteken nie, want die maatskappye wat sulke produkte vervaardig word nie geteiken nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.