Brug stort in duie oor besige Johannesburgse snelweg

Deel op

Ten minste drie mense is dood en 17 beseer as ‘n gevolg van ‘n brug oor een van Johannesburg se besigste snelweë wat in duie gestort het.

Duisende motoriste is in verkeersknope van kilometers lank opgehou deur die ineenstorting.

“Ons is baie bekommerd oor die beseerdes. Dit is ‘n baie besige snelweg en dit was ‘n aktiewe konstruksie-terrein,” het ‘n woordvoerder van Murray & Roberts gesê.

Ed Jardim het gesê hy is nie bewus op hierdie stadium van enige konstruksiewerkers wat beseer is nie.

Murray & Roberts het bevestig dat ‘n ondersteuningstruktuur wat opgerig is om ‘n voetgangerbrug oor die M1 te bou, in duie gestort het.

Verdere inligting sal vrygestel word wanneer sulke inligting beskikbaar is, het die maatskappy gesê.

Die maatskappy is verantwoordelik vir die bou van die tydelike brug wat die lokasie Alexandra aan die welvarende Sandton sal verbind.

Die brug is ontwerp as ‘n voetganger en fietsrybrug.

Die projek kos R130 miljoen en word beskou as ‘n vinniger en veiliger roete vir die beraamde 10.000 voetgangers wat daagliks tussen die twee gebiede beweeg.

Dit sou teen Oktober 2016 voltooi word.

Intussen het M&R se aandeelprys drasties gedaal.

Motoriste is gevra om die M1-hoofweg naby Grayston-rylaan in Sandton te vermy omdat die pad steeds gesluit is vir verkeer terwyl opruimingswerk voortduur.

Die Johannesburgse metropolisie is ontplooi en herlei tans verkeer tussen Johannesburg en Pretoria na die Grayston-afrit.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.