Phiyega geskors hangende ‘n ondersoek

Deel op

President Jacob Zuma het aangekondig dat die Nasionale Polisiekommissaris, Riah Phiyega geskors is met volle vergoeding.

Haar skorsing is hangende ‘n raad van ondersoek wat haar geskiktheid om die pos te beklee sal bekyk.

‘n Aanbeveling van die Marikana Kommissie het tot die ondersoek gelei .

Phiyega se rol in die dood van 44 mense wat deur die polisie geskiet is met die Lonmin-platinumstaking in 2012 is reeds maande onder bespreking.

Ontleders meen sy word uitgesonder om die blaam teen adjunk-president Cyril Ramaphosa wat nou betrokke is by Lonmin, te verlig.

Opposisiepartye het Phiyega se skorsing verwelkom. Die party sê hulle het lank reeds gevra dat die president teen Phiyega moet optree.

Phiyega is by verskeie skandale betrek.

Haar skorsing sal deur talle polisielede verwelkom word omdat sy nie uit ‘n polisie-agtergrond kom nie. Sy is dikwels gekritiseer oor haar tekort aan polisie-ervaring.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.