Reform PUK betoog teen Afrikaans

Deel op

Nagenoeg 150 studente het op die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit het Dinsdag betoog om ‘n memorandum van griewe aan die universiteitsbestuur te oorhandig.

Reform PUK, wat die belange van swart studente wil bevorder, het egter gesê dat indien hul klagtes nie aandag kry nie, hulle die kampus onregeerbaar sal maak.

Hul klagtes sluit onder meer die gebruik van tolkdienste in, wat hulle meen ondoeltreffend is en swart studente uitsonder as buitestaanders.

Volgens verteenwoordiger Ignatius Mokhatle skep die gebruik van Afrikaans as onderrigtaal ‘n versperring wat verhoed dat swart studente aan die kampus kan of wil studeer.

Visekanselier Dan Kgwadi het ingestem om binne die volgende sewe dae terugvoer te gee.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.